Kuier

Facebook

-

Wow! Thanks Kuier vir die lekkerste vakansie ooit! Dankie vir al die bederf, om nie eens te praat van die foto-sessie nie. Ek het saam met ’n woelige span gewerk en dit was soos om saam met familie te werk! ESMERELDA VAN STADEN, 2015 VOORBLADST­ER-KOMPETISIE­WENNER

Baie dankie aan die Kuier- span dat julle my soos ’n prinses laat voel het. Julle is die beste tydskrif. ’n Duisend dankies ook aan die Revlon-span wat dit moontlik gemaak het. Ek het nie woorde nie. Nogmaals baie dankie, julle is tops! CECLIA THOMAS, PIENK PLESIER VIP-WENNER

Raai wat het ek ontdek? ’n Tydskrif wat net soos ekke is. Ek het Kuier by ’n vriendin gekry en koop hom nou self gereeld. Vir die eerste keer in my 65 jaar het ek ’n tydskrif gekry waarmee ek kan identifise­er. So baie stories laat my terugdink aan my kinderdae. My ma het lang ure gewerk om kos op die tafel te sit vir haar ses kinders, terwyl my stiefpa elke dag gedrink het

en nie omgegee het wat van ons word nie. Ek is so bly ek het julle ontdek, want ek is een van julle. God seën julle almal.

FRANCISKA PRETORIUS

Ek het vandag vir die eerste keer die Kuier- tydskrif gekoop. Ek het hom van voor tot agter gelees en kon hom net nie neersit nie. Dankie vir die goeie werk! Julle het ’n nuwe Kuier- vriend for life bygekry. LYNETTE VORSTER ACAR

Oh what a night! Nee wat Kuier, dis g’n wonder dat julle aangewys is as die Grootste Afrikaanse Vrouetydsk­rif in SA nie. Julle doen dit nie net liggies nie, maar sommer uit volle bors. Well done on a great event! Dis so hartseer dat Llewellyn julle verlaat, maar ek gun dit vir hom. Alles van die beste vir jou pad vorentoe. Ek glo die Kuier- span, asook die lesers gaan jou vreeslik mis. Jy was darem kwaai met jou singery, hoor! En my highlight was Shimmy Isaacs. Nee kyk, sy kan enigeen laat krul van die lag. En aan die res van die sangers, julle het julle weer oortref. What a great performanc­e.

SHERLENE MAARMAN

By die Pienk Plesier-event het ek heeltyd in ’n koue trek gesit en my toontjies afgevries. Boonop was daar nie eens ’n koppie koffie te koop om my warm te maak nie. Die hoender was so droog, ek kon dit skaars afsluk. Boonop was die kwaliteit van die klank maar vrot. Ek stel voor julle gaan terug na GrandWest en die ou resep van julle event.

RENÉ JEPHTA

’n Mens sal nooit almal tevrede kan stel nie, al probeer jy hoe hard. Ek het by die deur gesit by Pienk Plesier, maar het my warm gedans. Ek sal definitief weer volgende jaar kom.

BERENICE BARRON-BAM

Ek weet nie hoe sommige mense ontevrede kan wees oor die Pienk Plesier-event nie. Hulle kla oor die kos, maar dit was ’n awesome event, nie ’n dinner date nie. Dit was baie meer as die R250 werd! Die sangers, komedie, hare, grimering, massering, tattoos, genoeg om te eet en drink en nie eens te praat van die goodie bags met die lekker leesstof in nie. Mense moet ophou ondankbaar wees. Baie dankie vir ’n baie lekker tyd.

ESMERALDA JANTJIES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa