Kuier

pienk-donasies oorhandig

-

Kuier- lesers het weer hul harte wyd oopgemaak vir mense in nood met ons insameling ten bate van diegene wat alles in brande verloor het. Lesers wat vanjaar se Pienk Plesier-funksie op 29 Augustus by Ratanga Junction in Kaapstad bygewoon het, het klere, komberse en nie-bederfbare kosprodukt­e saamgebrin­g sodat ons dit aan slagoffers van brande kan skenk. Ons het ’n berg goedere ontvang wat ons aan die Stad Kaapstad se Rampbestuu­r-eenheid geskenk het.

Courtney Cupido van Kuier het toe saam met lede van die eenheid ’n familie naby Mitchells Plain gaan besoek wat onlangs hul blyplek en al hul besittings in ’n brand verloor het, om van die items te oorhandig. “Dit was regtig hartverske­urend om te sien hoe mense weer van voor af moet begin om hul lewe op te bou. Hulle was so dankbaar vir die skenking,” vertel Courtney. Baie dankie aan al die Kuier- lesers vir jul bydrae!

 ??  ?? BO EN REGS: Courtney Cupido van Kuier, saam met personeell­ede van die Stad Kaapstad se Rampbestuu­r-eenheid, tydens die oorhandigi­ng.
BO EN REGS: Courtney Cupido van Kuier, saam met personeell­ede van die Stad Kaapstad se Rampbestuu­r-eenheid, tydens die oorhandigi­ng.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa