Ma vrees ag­gres­sie­we dog­ter kan moord pleeg

Haar 12-ja­ri­ge dog­ter het van kleins af eer­ste­hands ge­sien hoe haar pa haar ma mis­han­del. Van­dag is sy eg­ter net­so ag­gres­sief en nou vrees haar ma dat sy ie­mand kan aan­rand of selfs ver­moor.

Kuier - - INHOUD - DEUR AMY JOHN­SON

Hy het my een nag met ons maand oue ba­ba ge­gooi en ek kon haar net be­tyds vang. S­ha­ron A­do­nis* Toe sy twee jaar oud was, het ek be­sef iets is fout . . . Sy was ba­klei­e­rig met die kin­ders by die crè­che en by die huis. Sy het soms haar pa se skoe­ne ge­vat en die kin­ders in die ge­sig ge­slaan. S­ha­ron A­do­nis*

Sy kan haar kind nie vir ’n oom­blik al­leen los nie. Nie net om­dat sy ’n sorg­sa­me ma is nie, maar om­dat sy nooit kan voor­spel wat haar 12-ja­ri­ge mei­sie­kind kan trig­ger nie. Want as iets dié kind trig­ger, kan dit ge­vaar­li­ke ge­vol­ge in­hou vir men­se rond­om haar. Sy word só ag­gres­sief dat haar ma vrees sy kan ie­mand dood­maak . . .

S­ha­ron A­do­nis* (48) van Kaapstad ver­tel haar sto­rie on­der ’n skuil­naam, want be­hal­we dat haar dog­ter min­der­ja­rig is, is sy dood­bang vir haar eie kind.

Haar jong­ste dog­ter, Sa­man­tha* (12), is nie ag­gres­sief ge­bo­re nie. Dis die na­la­ten­skap van haar pa wat haar ma mis­han­del het en Sa­man­tha was dik­wels in die mid­del van al die ge­weld. (S­ha­ron het ook ’n ou­er dog­ter wat nie by haar ge­bly het nie en dus nie di­rek aan die mis­han­de­ling bloot­ge­stel was nie).

En van­dag sit S­ha­ron nie net met let­sels in haar ge­sig en oor haar lyf nie, maar sy vrees dat Sa­man­tha weens die e­mo­si­o­ne­le trau­ma ie­mand kan ver­moor as sy die dag te swak is om uit die bed op te staan.

Maar hoe het hul­le tot op dié punt ge­kom waar sy bang is vir haar eie kind?

haar NAG­MER­RIE-le­we

S­ha­ron be­gin ver­tel hoe sy haar eks­man ont­moet en die mis­han­de­ling wat daar­na ge­volg het.

Hy was ’n sjar­man­te man wat in haar oë niks ver­keerd kon doen nie; hul­le het ge­reeld saam s­trand toe ge­gaan en by die V&A Wa­ter­front ge­kui­er – tot hy haar een­dag met ’n ha­mer en toe ’n s­weep by­ge­dam het. Sy praat kalm en rus­tig oor die nag­mer­rie-le­we waar­in sy vier jaar lank vas­ge­vang was.

Dis by­na moei­lik om te glo dat sy so­veel swaar­kry in haar le­we moes er­vaar. Soms is daar so ’n ver kyk in haar oë ter­wyl sy al­les pro­beer ont­hou. En sy’t nooit ge­weet ’n taxi wat sy een­dag werk toe ge­vat het, sou haar le­we – soos sy dit ge­ken het – vir al­tyd ver­an­der nie.

Sy wou eers niks van hom weet nie, maar met sy mooi woor­de en sjar­me het die twee­tjies ’n vriend­skap op­ge­bou en ’n jaar la­ter is hul­le ge­troud. Min het S­ha­ron ge­weet die man met wie sy in 2002 ge­trou het, sal haar slaan tot die bloed loop; soms ten aan­skoue van an­der men­se.

“Aan die be­gin het ons baie uit­ge­gaan. Ons was baie Spur en KFC toe, maar dit het al hoe min­der ge­word. En toe hy uit die huis be­gin slaap, het ek ge­weet iets is fout. Al­les het net­so ver­an­der. Na­we­ke het ons net ba­klei. Aan die be­gin was hy baie lief­de­vol en ek het in die hu­we­lik ge­bly om­dat ek ge­hoop het hy gaan reg­kom en din­ge gaan weer wees soos dit was, maar ek was ver­keerd,” ver­tel S­ha­ron.

“As dit na­week word, won­der jy hoe gaan die na­week nou weer wees. Jy raak bang, maar jy bly in die si­tu­a­sie. Soms het hy net uit die blou­te ge­kom met die ha­mer, ek het dit nooit ge­sien nie.”

S­ha­ron het een­dag ’n bood­skap van ’n an­der vrou op sy foon ge­kry en sy wou hom daar­oor kon­fron­teer, al het sy ge­weet dit gaan meer moei­lik­heid ver­oor­saak.

“Ek het die bood­skap ge­los so­dat hy kon sien ek het dit ge­lees. Ek het ge­huil en ge­skree‘ek is bang vir jou. Hoe­kom moet jy my so slaan?’Hy was nie so toe ek hom ont­moet het nie, maar ek het ge­hoop hy gaan ver­an­der, want ek wou nie my hu­we­lik op­breek nie.”

Soms het hy haar in die mid­del van die nag wak­ker ge­maak, die kind (Sa­man­tha) ge­gryp en in die straat af­ge­hard­loop met haar.

“Ek moes ag­ter­na hard­loop om haar te gryp, want ek het nie ge­weet

waar­heen hy hard­loop nie. Hy het my aan my be­ne ge­ruk en die ha­mer lig­gies oor my be­ne ge­vryf voor hy my ge­slaan het. Ek is toe dok­ter toe en die dok­ter het my ge­vra of ek in die hu­we­lik wil bly tot die man my dood­slaan, want dit is wat uit­ein­de­lik sal ge­beur.

“Hy het my een nag met ons maand oue ba­ba (Sa­man­tha) ge­gooi en ek kon haar net be­tyds vang. Hy was kwaad om­dat ek by my ma was. As ek daai dag die kind mis­ge­vang het, kon so­veel din­ge skeef­ge­loop het. Een keer ná ’n ge­stry­e­ry het hy die kind oor die muur in die neig­hbours se jaart ge­gooi.”

Toe hy hoor S­ha­ron het ’n eg­skei­ding be­gin, het hy pro­beer mooi­praat en be­lo­we hy gaan ver­an­der, maar hul­le is uit­ein­de­lik in 2006 ge­skei.

DAAR IS FOUT

Sa­man­tha het die rond­ruk­ke­ry en die ge­sla­ne­ry in die huis ge­sien en soms was sy in die mid­del. Sa­man­tha is nou al uit drie s­ko­le ge­skors weens haar ag­gres­sie­we ge­drag. S­ha­ron is nou raad­op en die om­stan­dig­he­de is be­sig om sy tol op haar te eis.

“Ons het net een keer daar­oor ge­praat, maar ek dink sy kan nog van die goed ont- hou. Sy is nie só ge­bo­re nie – dit weet ek

– maar keer op keer is hier ’n klop aan die deur om te sê Sa­man­tha het nou al­weer dit of dat ge­doen,” sê sy.

“Toe sy twee jaar oud was, het ek be­sef iets is fout. By die crè­che waar sy was, het hul­le ook op­ge­let daar is fout, want sy het al­tyd haar ha­re ge­trek en haar kop teen die grond ge­stamp. Hul­le het my in­ge­roep en ek het hul­le toe ver­tel hoe ek en haar pa ba­klei.

“Sy was ba­klei­e­rig met die kin­ders by die crè­che en by die huis. Sy het soms haar pa se skoe­ne ge­vat en die kin­ders in die ge­sig ge­slaan. As jy haar vra hoe­kom sy die goed doen, dan sê sy sy weet nie en soms kyk sy jou net aan son­der om te ant­woord.”

In 2005 het S­ha­ron by die Rooi Kruis­kin­der­hos­pi­taal om hulp gaan aan­klop en Sa­man­tha is la­ter by die Ther­a­peu­tic Le­ar­ning Cen­t­re (TLC) op­ge­neem waar sy vir vier maan­de lank be­han­del is. TLC be­han­del kin­ders tus­sen ses en 12 jaar oud wat nie ge­noeg ge­baat het by bui­te­pa­si­ënt­be­han­de­ling nie.

S­ha­ron het ge­dink din­ge sou be­ter wees as haar dog­ter klaar is met be­han­de­ling, maar in plaas daar­van het din­ge ver­er­ger.

“Sy het een­dag haar ha­re on­ge­lyk ge­sny. Die kin­ders het haar ge­spot by die skool en toe ruk sy ’n skêr uit en druk dit teen ’n kind se keel. Die hoof het my in­ge­roep en ge­sê my kind is ’n ge­vaar vir die an­der kin­ders. Sy is baie be­sker­mend teen­oor haar­self, dis as­of sy dink ‘ek het ge­sien hoe my ma ge­slaan word en ek wil nie hê die­self­de moet met my ge­beur nie.’

“Sy sny soms haar kle­re ook op en hul­le het baie pro­ble­me met haar by die skool. Sy het een­dag ’n vy­fli­ter Han­dy An­dy op haar juf­frou se ta­fel uit­ge­gooi.

“Sy doen dit nie uit die blou­te uit nie. Daar is al­tyd iets wat haar trig­ger. Sy het een­dag pro­beer om twee kin­ders van die trap­pe af te gooi en sy het al kin­ders met ’n mes ge­jaag. Ek dink sy het ’n woe­de in haar wat sy nie meer kan han­teer nie.

“Daar was tye wat ek ge­dink het haar ge­drag is van die dui­wel af, maar ek het van daai ge­dag­tes ont­slae ge­raak. Men­se het selfs voor­ge­stel ons moet ’n san­go­ma gaan sien. Ek kies om te bid en my kind kerk toe te vat. Jy bid oor jou saak en God sal vir jou ant­woord.

“As sy by my is, pro­beer ek my bes om daar te wees. As sy gaan speel, moet ek heel­tyd gaan check. Jy kan nie net jou kind toe­laat om by e­ni­ge men­se te gaan speel nie. Ek moet vol­tyds by haar wees. My groot­ste vrees is dat sy ie­mand sal dood­maak.”

S­ha­ron sê sy sal nooit haar­self bla­meer vir haar eks­man se op­tre­de nie, maar daar was baie vrae en ver­wy­te na­dat sy van hom ge­skei het.

“Toe ek uit daai hu­we­lik stap, het ek my­self bla­meer om­dat ek so lank in die ver­hou­ding ge­bly het. Ek was sel­f­ish teen­oor my­self en teen­oor my kind, want kyk hoe het din­ge uit­ge­draai.

“Daar is tye wat ek nie ’n uit­weg sien nie, maar ek troos my­self daar­aan dat sy dit sal ont­groei. As ek nie vol­tyds om haar is nie, dan haak sy uit. As ek gaan slaap saans, is ek so moeg. Sog­gens voel ek soos ie­mand wat niks ge­slaap het nie.”

S­ha­ron en Sa­man­tha het nooit ge­gaan vir be­ra­ding nie, maar sy dink dit is nou no­dig dat hul­le gaan so­dat hul­le kan vas­stel waar haar kind se woe­de van­daan kom en hoe om dit te han­teer.

“Ek weet nie hoe­kom sy die goed doen nie en dis soms baie frus­tre­rend vir my. Sy het ’n vrees­li­ke woe­de in haar. Ek het een­dag in die bad ge­gly en my rib­bes

seer­ge­maak en ek het ver­koue ook ge­had. As ek in so ’n si­tu­a­sie is, voel ek bang vir haar om­dat sy so­veel woe­de het, soms weet ek nie waar­toe sy in staat is nie. Daar moet 24/7 ’n groot­mens by haar wees. Dis baie moei­lik en hart­seer. Ek pro­beer my bes dat sy ’n nor­ma­le le­we kan hê en dat sy weet dis ver­keerd om an­der kin­ders te slaan. Maar ek weet nie meer wat om te doen nie.”

S­ha­ron het by die bloed­bank op kon­trak ge­werk, maar het be­sluit om haar werk op te gee om­dat haar dog­ter so baie sorg en aan­dag no­dig het. Be­hal­we vir die twee­de­hand­se kle­re wat sy ver­koop, kry sy ook ’n R330 staats­toe­lae vir haar Sa­man­tha.

S­ha­ron sê die aan­vaar­ding van haar kind se toe­stand is vir haar moei­lik, want dit is nie wat sy vir haar kind wou hê nie.

“Ek ver­geet be­lang­ri­ke goed, want dit stel jou in ’n moei­li­ke si­tu­a­sie; jou le­we draai net om daai kind. As jy al­leen is, is dit bit­ter moei­lik, want jy moet heel­tyd o­ral wees.

“Maar deur die moei­li­ke tye het ek al­tyd ge­voel die He­re is daar en Hy kyk uit vir my, want ek dink nie ek sou so ver kon ge­kom het as Hy nie daar was vir my nie. Dit is ’n toets wat ek deur moet gaan so­dat ek een­dag ook vir an­der men­se kan en­coura­ge en sê God is daar. Ek lees baie die By­bel en dit is my troos.”

WAT SE DIE KEN­NERS?

Dr. Cat­her­i­ne Ward, me­de­pro­fes­sor in die de­par­te­ment siel­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit van Kaapstad, sê af­han­gend van Sa­man­tha se toe­stand, mag sy dalk in­ten­sie­we psi­go­te­ra­pie be­no­dig om die trau­ma­tie­se ge­beu­re wat sy ge­sien het, te ver­werk.

“Die eer­ste stap is om die kind te ver­se­ker dat sy vei­lig is – dit sluit in om die ma te help vei­lig voel en streng huis­hou­de­li­ke roe­ti­nes, op­staan­tye, e­tens­tye en sla­pens­tye in plek te stel.

“Al­le kin­ders is ag­gres­sief as hul­le jonk is (18 maan­de of so) wan­neer hul­le nie pre­sies kan sê wat hul be­hoef­tes is nie. Ou­ers moet dit dui­de­lik maak dat ’n ge­skree en ’n ge­sla­ne­ry nie aan­vaar­baar is nie en hul­le moet hul kin­ders help om ge­pas­te ma­nie­re te vind om an­der te laat weet wat hul­le wil hê.

“Al­le kin­ders is vrees­be­van­ge wan­neer hul­le hul ou­ers sien ba­klei – ge­weld­da- di­ge ge­drag is selfs meer vrees­aan­ja­end en sal de­fi­ni­tief ’n in­vloed het op die kind. Bloot­stel­ling aan ge­weld in die huis of e­ni­ge an­der plek laat die kind dink ge­weld is aan­vaar­baar – en kin­ders moet hier­van be­skerm word. Kin­ders wat bloot­ge­stel word aan ge­weld­da­di­ge ge­drag kan dalk ag­gres­sief wees deur die ge­weld na te boots wat hul­le ge­sien het of om­dat hul­le hul vrees pro­beer uit­druk.”

Ward stel voor vroue wat hulp soek, moet aan­klop by The Pa­rent Cen­t­re in die sui­de­li­ke voor­ste­de van Kaapstad of an­der or­ga­ni­sa­sies wat be­ra­ding bied vir vroue en hul kin­ders.

Car­men de Vos, ’n maat­skap­li­ke wer­ker by The Pa­rent Cen­t­re, sê kin­ders moet van kleins af ge­leer word dat ge­weld­da­di­ge ge­drag heel­te­mal on­aan­vaar­baar is.

“Moe­nie ag­gres­sie­we ge­drag ge­bruik om jou kind te straf nie; jy moet die voor­beeld stel.

“Leer jou kind om em­pa­tie te hê met an­der. Kin­ders wat ag­gres­sief is, soek dik­wels lief­de en goed­keu­ring in hul le­we.”

Sy sê om ge­weld­da­di­ge ge­drag te voor­kom, moet ou­ers nie te hard of te toe­geef­lik wees wan­neer hul­le hul kin­ders dis­si­pli­neer nie.

“Be­perk ook bloot­stel­ling aan ge­weld op TV. Han­teer kon­flik in die hu­we­lik so­dat die kind nie ge­raak word nie, bied fi­sie­ke uit­laat­klep­pe vir kin­ders so­dat daar tye is wan­neer hul­le son­der be­per­king kan speel en rond­hard­loop,” sê Car­men.

“Moe­nie ag­gres­sie met ag­gres­sie straf nie en bou ge­son­de self­beel­de. Be­ra­ding is be­lang­rik om deur die ver­le­de te werk en meer ge­pas­te ma­nie­re aan te leer oor hoe om met die uit­da­gings van die le­we te co­pe.

“Wan­ge­drag is dik­wels ’n hulp­kreet – ’n ma­nier om se­ker te maak daar word aan hul be­hoef­tes vir se­ku­ri­teit en aan­dag vol­doen.

“Be­per­kings re­sto­re ’n sin van vei­lig­heid en roe­ti­ne en struk­tuur is baie be­lang­rik vir die kind se wel­stand.”

*Skuil­naam

Dit is ’n toets wat ek deur moet gaan so­dat ek een­dag ook vir an­der men­se kan en­coura­ge en sê God is daar. Ek lees baie die By­bel en dit is my troos. S­ha­ron A­do­nis* Moe­nie ag­gres­sie met ag­gres­sie straf nie en bou ge­son­de self­beel­de. Car­men de Vos

Kin­ders wat bloot­ge­stel word aan ge­weld­da­di­ge ge­drag kan dalk ag­gres­sief wees deur die ge­weld na te boots wat hul­le ge­sien het of om­dat hul­le hul vrees pro­beer uit­druk. Dr. Cat­her­i­ne Ward

LINKS: S­ha­ron A­do­nis* (48) is al raad­op met haar ag­gres­sie­we dog­ter (12) wat al uit drie s­ko­le ge­skors is en wie se ge­drag net ver­er­ger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.