SMS

Kuier - - Inhoud -

Na­gel Pick, in jou “Wat die hart van vol is”-ru­briek van 23 Sep­tem­ber 2015, slaan jy die spy­ker op sy kop, soos jy al in baie van jou ge­dig­te ge­doen het. Met al die teg­no­lo­gie in ons le­wens het kin­ders ver­leer om soos in ons kin­der­ja­re te speel. Ek is trots op jou my vriend.

JO­HAN ROTH­MAN, NA­PIER

Ai, is Kui­er nie u­niek nie. Eers huil ek my oë uit my kop uit oor al die vroue se pyn. En toe lag ek weer dat die tra­ne loop vir die kort­ver­haal. Hou so aan, want ek ge­niet als in die tyd­skrif. Ek moet my Kui­er vir my skoon­seun weg­steek so­dat ek eer­ste met die blok­kies­raai­sels kan be­gin.

MA­RY-ANN VAN, PAARL

Baie dan­kie Kui­er vir jul uit­ga­wes. Spe­si­fiek vir die een van 12 Au­gus­tus 2015, want dit het my weer laat te­rug­dink aan my sus­ter en haar seun wat ek ook ver­loor het. Me­la­nie du Bois, ek voel dit saam met jul­le. Wees daar vir me­kaar, die won­de sal ge­nees. S­terk­te. LI­LY FOU­RIE, CE­RES

Ons Va­der is ons krag­bron en Kui­er is ’n boek wat jou gees ver­sterk. Dit laat jou spe­si­aal voel en wan­neer jou om­stan­dig­he­de te veel word, kan jy jou ge­loof deur an­der se le­we en hul sto­ries ver­sterk. EI­LEEN VAN WYK, KOUE BOK­KE­VELD

Ek lees nou die ver­haal van De­an en A­bi­gail Cu­pi­do (Bon­del Vreug­de, 9 Sep­tem­ber 2015). Hul­le is ons neig­hbours. God is be­wus van al­les wat in ons le­wens ge­beur en God het hul har­te ge­ken. Hou vas aan Je­sus, want Hy sit in ons en dra ons deur as ons glo.

FREDA VAN ROOY­EN, FAIR­WAYS

Baie ge­luk aan die Cu­pi­doeg­paar met hul dog­ter­tjie se ge­boor­te (Bon­del Vreug­de, 9 Sep­tem­ber 2015). Ek het ook po­ly- cys­tic o­va­ry syn­dro­me (PCOS), in­su­lien­weer­stan­dig­heid en hoë bloed­druk. Ek is nog nie ge­troud nie, maar moes in 2009 ’n nood­his­to­rek­to­mie kry om my le­we te red. S­terk­te vir al­le vroue wat die­self­de pro­bleem het.

BER­TA VAN WYK, P­RE­TO­RIA

A­bi­gail en De­an Cu­pi­do, die Va­der het jul ge­be­de ver­hoor (Bon­del Vreug­de, 9 Sep­tem­ber 2015). Dit is die groot­ste ge­skenk en wat ’n won­der­werk! Jul­le het ’n won­der­li­ke ge­loof, hou vas daar­aan.

MAGRIETA BOOY­SEN,WIT­BANK

Kui­er, baie dan­kie dat jul­le my en my sto­rie ge­kies het as die wen­ner van van­jaar se Voor­blad­ster-kom­pe­ti­sie. Jul­le sal nie weet hoe ek dit waar­deer nie. Soos ek ge­sê het, dit was reg­tig ’n groot skok. Ek het nog nooit iets ge­wen nie, be­hal­we klein­geld by die lot­to nie. Ek het die bes­te va­kan­sie ooit ge­had toe ek nou in Johannesburg was. En die ge­sel­skap? Wow! Er­nie en Court­ney, my twee nu­we vrien­din­ne, jul­le was die bes­te. Ek kan jul­le ver­se­ker ek het baie goeie feed­back ná die sto­rie ge­kry en da­rem geen ne­ga­tie­we bood­skap­pe nie. Nie dat dit my e­nig­sins sou on­der­kry nie. Ek doen van­dees­maand my eer­ste mo­ti­va­ti­o­nal talk en ek sien baie uit daar­na. Deur dié kom­pe­ti­sie dink ek nie net nu­we deu­re sal vir my oop­gaan nie, maar ek sal so­veel men­se kan help. In my eer­ste na­week ná die trip, kom ’n jong da­me na my toe en sy ver­tel vir my sy was in haar tie­ner­ja­re ver­krag. Sy het nooit daar­oor ge­praat of eers die man aan­ge­kla nie, maar na­dat sy my kort weer­ga­we ge­w­lees het, het sy nou die moed ge­kry om te praat. En daar­voor is ek bly.

ESMERELDA VAN S­TA­DEN, 2015 VOOR­BLAD­STER-KOMPETISIEWENNER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.