Hal­lo Kui­er­men­se

Kuier - - Inhoud -

On­langs het ek ’n pak ou tyd­skrif­te vir ’n an­tie ge­gee. Sy het iets ge­soek om te lees, maar kan dit nie al­tyd be­kos­tig om ge­reeld vir haar­self ’n tyd­skrif te koop nie.

Sy was baie dank­baar vir die leesstof, maar die bes­te van al­les was hoe sy nie kon uit­ge­praat raak oor hoe­veel sy uit die ou Kui­ers en die men­se se sto­ries ge­leer het nie. Sy het skoon be­gin om haar pak weer van voor af te lees!

Ek kry die ge­voel hier­die gaan een van daar­die uit­ga­wes wees wat ’n mens oor en oor kan lees, want die les­se wat in die sto­ries vas­ge­vat is, het nie tyd nie. Die toon word som­mer van die be­gin in die Bood­skap aan­ge­gee, want dit laat jou met nu­we oë na ’n baie oue ge­ly­ke­nis in die By­bel kyk en sien hoe dit steeds el­ke dag van toe­pas­sing op ons le­wens is.

Die in­spi­ra­sie­sto­ries is werk­lik ’n hoog­te­punt, want dit wys waar­oor die le­we gaan. Al is Vi­vi­an en At­hol se le­wens­ver­ha­le wê­rel­de van me­kaar ver­wy­der, word hul­le saam­ge­snoer in hul be­geer­te om an­der te dien.

Ek is ook so dank­baar ons voor­blad­ge­sig Kim Cloe­te wat haar sto­rie met ons ge­deel het, want dit wys net weer wat­ter le­wens­ver­an­de­ren­de krag in ver­gif­nis lê.

Ou­ers moet nie die sto­rie oor die C­har­lie C­har­lie-spe­le­tjie mis nie, want jul­le moet weet wat nou met die kin­ders aan die gang is. Ek be­sef ook weer op­nuut ’n ou­er se werk is reg­tig nie mak­lik of ooit ge­daan nie. Dit lyk ook vir my as­of die taak met die ja­re net al hoe moei­li­ker raak.

Vir my is die groot­ste ge­vaar ook nie nood­wen­dig drank, dwelms, ben­des of die in­ter­net nie, maar kin­ders wat so voor hul tyd groot­word en ook groot­mens­din­ge wil aan­vang. Al wat ou­ers kan doen, is om hul­self met ken­nis te be­mag­tig en te sorg dat hul­le weet van die goed so­dat hul­le be­tyds die waar­sku­wings­te­kens kan sien en kan in­gryp. Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.