Fa­ce­book

Kuier - - Inhoud -

Na­gel Pick, jou nuut­ste ru­briek in die Kui­er van 23 Sep­tem­ber 2015 is baie goed neer­ge­pen. Dit het my met heim­wee laat te­rug­dink aan toe ons nog kin­ders was, toe kin­ders nog kin­ders was.

NIC­KY FOULDIEN

Ek het die sto­rie oor die ma wat bang is vir haar kind met ’n knop in my keel ge­lees (‘Ek is bang vir my kind’, 23 Sep­tem­ber 2015). Ons kin­ders kry so swaar weens mis­han­de­ling, want die let­sels is soms on­sig­baar. Met die no­di­ge siel­kun­di­ge hulp, kon my kind die mis­han­de­ling van haar pa aan my ver­werk. Van­dag is sy baie self­stan­dig en ook ge­mo­ti­veerd. Ek kan God net dank dat ek be­tyds uit daar­die ver­hou­ding ge­stap het. Daar­die mam­mie moet moed hou, want daar is lig aan die ein­de van daai don­ker ton­nel. Ek dink aan jou en die ve­le an­der on­aan­ge­mel­de ge­val­le daar bui­te. Ek bid vir jul­le al­mal vir krag en s­terk­te. LIE­ZEL DA­VIDS

Ek het so­pas die her­uit­sen­ding van Kay se on­der­houd met Ru­da Land­man op die pro­gram Ver­an­der Din­ge op kykNET ge­sien en ek dink dis won­der­lik om ’n tyd­skrif hoof­saak­lik vir die k­leur­ling-ge­meen­skap te hê. Dis jul eie, maar tog is daar heel­wat an­der wat ook vreug­de en ge­not daar­in vind. Ek is baie bly dit gaan goed met Kui­er. En Kay, as al­mal net so po­si­tief soos jy kan wees. . . Wat ’n won­der­li­ke plek sal die wê­reld nie wees nie! Maar ek glo ook dat hier nog baie po­si­tie­we din­ge gaan ge­beur! S­terk­te vo­ren­toe met Kui­er! JA­CO CLOE­TE

Ek was ver­baas toe ek die Kui­er van 23 Sep­tem­ber 2015 oop­slaan en sien dat ek daar­in pronk. My sel­foon hou nie op met raas nie, want al­mal wat ek laat weet om die Kui­er te koop, re­ply. Baie dan­kie vir die lek­ker ver­ras­sing. Ek is se­ker Wor­ces­ter se kwo­ta van Kui­er- tyd­skrif­te is met hier­die uit­ga­we teen ’n re­kord spoed op­ge­raap. Die groot­ste A­fri­kaan­se vrou­e­tyd­skrif in SA is voor­waar puik!! Dan­kie jul­le! ING­RID M­CNEIL

Dan­kie aan Kay en span vir ’n won­der­li­ke tyd­skrif! Ek kan nooit wag om el­ke twee­de week my Kui­er te koop nie, en dan die he­le na­week met haar te lê en ont­span nie. Dan­kie weer­eens!

IL­SE MILLER OP­PER­MAN

Ek lees nou “Wat die hart van vol is” (9 Sep­tem­ber 2015) en ek stem saam met die skry­wer René M. A­rend­se. Wees eers daar vir die vrou in die spie­ël voor­dat jy vir an­der reg­staan. RO­MA BAI­LEY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.