Hal­lo Kui­er­men­se

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Die rug­by staan nou am­per ein­de se kant toe en be­hal­we vir daai groot skok reg aan die be­gin, het die Wê­reld­be­ker-toer­nooi glad nie te­leur­ge­stel nie! Eint­lik was die lek­ker­ste ver­ras­sing die vor­de­ring wat die klei­ner span­ne ge­maak het om da­rem met die groot lan­de te kan saam­ge­sels.

En soms is dit ook hoe ek van my Kui­er hou. Al my ge­wo­ne lek­ker­nye, son­der die sen­sa­sie, maar ook al­tyd daai iet­sie an­ders wat ek nie ver­wag het nie om din­ge in­te­res­sant te hou en my iets nuuts te leer.

Hier­die uit­ga­we se ba­lans is vir my nog­al lek­ker en dit maak nie saak of jy van voor of ag­ter be­gin nie. Daar is juis ’n be­son­der­se lek­ker­te wat wag vir die ag­ter­ste­voor-le­sers met Keith Mey­er se Wat die Hart van Vol is. S­joe, hy skryf ’n saak los wat g’n man ooit wil aan­raak nie en dis juis daar­om dat el­ke man (klein en groot) dit moet lees!

Ons is baie trots op ons voor­blad­ge­sig Cry­stal-Don­na Ro­berts en al­les wat sy al be­reik het. Kui­er voel al deel van haar reis, want ons hou haar al ge­rui­me tyd dop en ons weet sy gaan nog baie be­reik. Ons is ook baie be­ïn­druk met 7de Laan en hoe dié se­pie help om men­se be­wus te maak van bors­kan­ker. Die e­pi­so­des gaan ky­kers be­hoor­lik aan­gryp, want só het hul­le Ma­tro­ne nog nooit ge­sien nie!

Die man­ne kry ook be­hoor­lik ’n beurt in die uit­ga­we en I­van Koop­man se in­spi­ra­sie­sto­rie wys weer die waar­de van op­voe­ding. Op sy beurt be­wys kol. Ed­die Clark daar is nog baie goeie man­ne in die po­li­sie en ons moet ook aan hul­le er­ken­ning gee.

Klein Ty­rell A­rend­se het die span be­son­der aan­ge­raak. Daar bly niks er­ger vir ons as die sto­ries van siek kin­ders nie. Tog bly dit vir ons ’n voor­reg om te kan help met be­wus­ma­king deur hul sto­ries te kan ver­tel. Ons dink aan jul­le. Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.