Gee jou frikkadelle nu­we skop en geur

Frikkadelle is ont­hou­kos. Min din­ge laat jou so te­rug­ver­lang na Ma se kom­buis soos geu­ri­ge vleis­bol­le­tjies.

Kuier - - Front page - Deur Ka­ren Hart

SNOEKFRIKKADELLE MET PA­TAT

Ge­noeg vir 4

BE­STAND­DE­LE

400 g ge­rook­te s­noek, ge­vlok, vel­le en gra­te ver­wy­der 3 gro­te­ri­ge pa­tats, ge­skil, in sky­we ge­sny en net-net gaar ge­kook 1 k­lein ui, ge­ras­per 1 knof­fel­toon­tjie, fyn­ge­kap 1 x 3 cm stuk vars gem­mer, ge­ras­per 1 rooi brand­ris­sie, sa­de ver­wy­der en fyn­ge­kap Ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen ’n Hand­jie­vol vars­ge­kap­te kol­jan­der Sout en vars­ge­maal­de wit­pe­per na smaak 1 ei­er 1 kop­pie koek­meel O­lie vir braai

ME­TO­DE

Meng al die be­stand­de­le vir die snoekfrikkadelle, be­hal­we die koek­meel en die o­lie. Giet die meel op ’n plat bord uit. Vorm frikkadelle die groot­te van ta­fel­ten­nis­bal­le­tjies met jou han­de en rol dit in die meel. Plaas die frikkadelle op ’n groot bord of bak­plaat en plaas vir min­stens 30 mi­nu­te in die ys­kas. Ver­hit ge­noeg o­lie in die pan en braai die frikkadelle daar­in tot al­kant goud­bruin. D­rei­neer op hand­doek­pa­pier en be­dien saam met ’n lek­ker soet­ris­sie­sous, vars slaai en brood­jies met ap­pel­koos­kon­fyt.

WENK: Jy kan swart­pe­per in die plek van die wit­pe­per ge­bruik. Maar die wit­pe­per gee net so ’n iet­sie ek­stra. Dit sal eg­ter nie so ’n groot ver­skil maak as jy eer­der swart­pe­per wil ge­bruik nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.