SMS

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Dag­sê Kui­er- span! Ek wil jul­le net be­dank vir die ver­an­de­rings wat jul­le in men­se se le­wens maak. Ek hou baie van die wa­re en in­spi­re­ren­de s­to­ries. Om dit te lees, gee my moed. Ek­self het in Ja­nu­a­rie by die dood om­ge­draai na­dat ek in ’n ge­vaar­li­ke mo­tor­on­ge­luk was. Maar ek glo God plaas ons in se­ke­re si­tu­a­sies om ons te ver­sterk, ons oë oop te maak en ons op die reg­te le­wens­pad te sit.

LEATITIA WILLEMSE, KEIMOES

Ek is so bly vir die ar­ti­kel “Boyf­riend wil pa speel,” (4 No­vem­ber 2015), want ek stem vol­ko­me daar­mee saam. Ek wil ook net by­voeg dat dit ook vir mans geld, want baie keer kom daar ’n nu­we vrou in sy le­we wat dan be­slui­te oor sy kin­ders wil maak. Dit ver­oor­saak dan dat die ver­hou­ding tus­sen pa en kind ver­brok­kel as ge­volg van die nu­we vrou. Ek hoop ook van har­te dat al­le vroue dit lees en dit sal be­oe­fen. Prys die He­re vir die ar­ti­kel.

YOLANDA WENN, S­TEL­LEN­BOSCH

Ek sit hier in my kan­toor en lees die won­der­li­ke in­spi­ra­sie­sto­rie “Ver­los van die ver­le­de” (4 No­vem­ber 2015) en die tra­ne loop oor my wan­ge. Fran­cis, jy is ’n prag­ti­ge mens vol in­spi­ra­sie vir ons na­sie. Ek kan nie wag om een­dag jou boek Max te lees nie.

VALERIE BOONZAAIER, P­RE­TO­RIA

Wow! Wat ’n lief­li­ke sto­rie oor G­re­go­ry Le­ven­dahl (Ag­ter die bok­s­tuur, 4 No­vem­ber 2015). Ek dink sy pa sou so trots ge­wees het. Wie sou nou kon dink dat die span so ver sou gaan om hul­de te bring aan hul dry­wer. Dit wys jou net, wan­neer jy jou werk met oor­ga­we doen, sal ie­mand jou raak­sien en jy sal daar­voor be­loon word.

RENÉ BAARTMAN, BELL­VIL­LE

Dit is met groot hart­seer dat ek die sto­rie van Ri­car­do lees (Ri­car­do gee nie op, 4 No­vem­ber 2015). Ons bid dat die dok­ters iets sal uit­vind wat hom sal ge­nees so­dat hy gou weer sal aan­sterk om sy nu­we al­bum klaar te maak. En ook al­le sterk­te aan sy vrou, He­len.

FLORRIE VAN NIE­KERK, KUILS­RI­VIER

Ek het Ri­car­do se ver­haal ge­lees (Ri­car­do gee nie op, 4 No­vem­ber 2015) en dis hart­roe­rend. Hy is ’n sterk man van God, so mag God jou se­ën. Ek bid vir hom al­le suk­ses toe met dit wat hy be­sig is. Dan­kie ook vir sy vrou wat hom so by­staan. Kui­er, jul­le ver­rig won­ders! God se­ën jul­le.

PASTOOR EDWARD SIMMONS, KROONSTAD

Ri­car­do, God is met jou op jou oor­win­nings­tog (Ri­car­do gee nie op, 4 No­vem­ber 2015). Ek re­spek­teer jou lief­de vir die He­re en soos jy sê: “Dis nie klaar voor God sê dis klaar nie . . .” Op 26 Sep­tem­ber 2015 was dit ’n jaar ná ek ge­hoor het die me­di­ci gee my net ses we­ke oor om te leef. Ons het al­le che­mo en me­die­se be­han­de­ling ge­staak, dus won­der­wer­ke ge­skied nog. So, byt vas, Ri­car­do, al is dit soms moei­lik. El­ke oom­blik is ’n ge­na­de-oom­blik.

JO­HAN ROTHMANN, NAPIER

Dit is net die won­der­li­ke He­re wat ons ge­bro­ke le­wens weer kan heel. Ek’s baie be­ïn­druk met die sto­rie van Ri­car­do (Ri­car­do gee nie op, 4 No­vem­ber 2015). Daar is net een wa­re vriend en Je­sus is Sy naam. Loof Hom met al­les wat in jou is, loof Sy hei­li­ge naam. Voor­spoed, my broer.

CLARADINE SWARTS, GRABOUW

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.