Hal­lo Kui­er­men­se

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Ek moet bieg ek is nou ge­reed vir die va­kan­sie en Kers­fees kan nie gou ge­noeg vir my aan­breek nie. En na­dat ek Karen Hart se K­ri­mis­kos-re­sep­te on­der oë ge­had het, kan ek reg­tig nie meer wag nie! Ek is se­ker ek is nie al een wat uit­sien na hier­die tyd van die jaar en ’n wel­ver­dien­de rus­kans nie en hier­die uit­ga­we gee net die reg­te toon aan om ons al­mal in die reg­te luim te be­gin kry.

Dis prop­vol s­to­ries wat som­mer jou hart warm sal maak. Dis nie dat ons ge­wo­ne wa­re le­wens­dra­mas nie baie aan­gry­pend is en ’n mens al­tyd iets leer nie, maar dis soms so hart­seer dat mens dit skaars kan hou! Nie dat Mo­ni­que en Na­ta­sha se sto­rie (blad­sy 12) nie sy hart­seer mo­men­te het nie, maar dis die hel­der lig van hoop en me­de­mens­lik­heid wat jou by­bly. Dit is voor­waar ’n prag­ti­ge sto­rie van hoe die twee ma’s in hul don­ker­ste tye me­kaar kon vind en ’n lig vir me­kaar kon wees.

Ons is ook baie bly vir C­har­les Op­pelt wat uit­ein­de­lik sy stryd teen die de­par­te­ment van ge­sond­heid ge­wen het. Ek dink die ge­heim van sy suk­ses is sy po­si­tie­we in­ge­steld­heid en ’n pa wat nooit op­hou in hom glo het nie, pre­sies nes ons voor­blad­ge­sig, Hildegardt W­hi­tes!

Op ’n lig­ter noot kon ek nie help om te lag vir die sto­rie oor on­ge­wens­te Kers­ge­sken­ke (blad­sy 40) nie. Ek weet dis die ge­dag­te wat tel, maar ek moes ook al ’n paar keer ’n val­se s­mi­le uit­haal oor ek vir die so­veel­ste keer bub­ble bath – die soort wat ek reg­tig haat – ge­kry het!

Men­se, ek hoop jul­le het Kui­er in­ge­sluit op jul be­gro­tings vir De­sem­ber, an­ders gaan jul­le le­lik uit­mis! Jul­le kry weer ’n lek­ker CD-be­der­fie saam met die uit­ga­we van 16 De­sem­ber (ons laas­te uit­ga­we van die jaar) en dan is die nu­we Kui­erCom­bo, spe­si­aal vir die so­mer, ook van­af 7 De­sem­ber te koop. Al­bei uit­ga­wes kos R20 elk. Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.