Fa­ce­book

Kuier - - Kuierhoekie - RU­BY UNTHANK

Amy Mil­ler (5) van Dur­ban wie se sto­rie in ons vo­ri­ge uit­ga­we ver­tel is, het op 17 No­vem­ber in die hos­pi­taal ge­sterf. Sy is met ’n hart­de­fek ge­bo­re en haar ou­ers het tot op die laas­te nog ge­hoop dat sy ’n sken­ker­hart sou kry. Ons ge­dag­tes en ge­be­de is met die Mil­ler-ge­sin in die moei­li­ke tyd en van ons le­sers het ook op Fa­ce­book hul in­ni­ge mee­ge­voel ge­deel:

As ’n ma weet ek reg­tig nie wat om te sê nie, want ek weet op die oom­blik voel dit as­of hul har­te as ou­ers uit­ge­ruk is. Maar wat ek wel kan sê is: God het ’n be­ter plan vir u en ge­sin en u kind is nou op ’n be­ter plek. Mag God jul ge­sin met lief­de toe­vou en ver­troos. Sterk­te en ont­hou God se plan is nie ons plan nie. Wees sterk en hou vas aan die He­re, al ver­staan jul­le nie nou nie, maar een­dag sal jul­le ten vol­le ver­staan. A­men. MAREZA LEVENS

Sy is nou vei­lig in Je­sus se arms en ver­lig van haar aard­se pyn. Sterk­te aan die mam­ma en pap­pa. Je­sus sal jul­le ver­troos in hier­die tyd. Ons dog­ter­tjie het ook ver­le­de jaar weens ’n hart­de­fek op 2-ja­ri­ge ou­der­dom ge­sterf. Ek dink aan jul fa­mi­lie.

BO­NE­TA NEETH­LING

Wow, dit is skok­ken­de nuus. Ek sou nog deel­ge­neem het aan ’n 5km-stap­tog as deel van die Amy Mil­ler A­wa­re­ness-pro­gram. Maar ek gaan dit nog­steeds doen ter na­ge­dag­te­nis aan jou, en­gel­tjie. R.I.P Amy!

LIE­ZEL COL­LINS

Sy is nou ver­los van haar pyn. Dit was ’n prag­ti­ge sto­rie oor Amy en Da­niel. Ek hoop hy han­teer die nuus ok en dat sy mam­mie dit mooi aan hom ver­dui­de­lik het, dat Amy nou by die en­ge­le daar bo is wat haar ge­sond sal maak. Dis baie hart­seer.

AKIRAH ERAS­MUS

Dit is so tra­gies. Ek wens meer men­se wil or­gaansken­kers word so­dat baie le­wens ge­red kan word. Ek bid vir die ou­ers vir krag en dat Je­sus hul­le deur hier­die moei­li­ke tyd sal dra.

MA­RIN­DA WEL­GE­MOED HER­SEL­MAN

Aan Amy se ou­ers, ek weet pre­sies waar­deur jul­le gaan. Ek het die­self­de pad ge­stap, ook met ’n hart­de­fek. Mag haar kos­ba­re siel in vre­de rus. Tyd sal ge­ne­sing b­ring en ons sal me­kaar weer sien. Al­le voor­spoed en sterk­te vir jul­le! BE­NI­TA POT­GIE­TER

In­ni­ge mee­ge­voel aan die ou­ers en fa­mi­lies. Dis so hart­ver­skeu­rend om ’n jong kind te ver­loor. Sul­ke prag­ti­ge he­mel­blou oë. R.I.P lie­we men­sie.

COR­NE­LIA CRUY­WA­GEN A­DAMS

So jam­mer om van Amy te hoor. Sy het dap­per ge­veg, maar kon nie meer nie. Toe ek die sto­rie van haar en Da­niel lees, het die tra­ne ge­loop. So was so braaf. My in­ni­ge mee­ge­voel aan Natasha, Mi­cha­el, Ly­la en haar an­der fa­mi­lie. Mag God jul­le in Sy arms om­vou en jul ver­troos­ting wees in die tyd. Sy is nou ver­los van al haar pyn en lei­ding. Mag haar siel in vre­de rus. Ek hou jul­le in my ge­be­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.