Hal­lo Kui­er­men­se

Kuier - - Kuierhoekie -

Ek weet nie van jul­le nie, maar ek is nou net mooi op van al die sleg­te nuus! Dis ter­reur in Pa­rys en wa­ter­te­kor­te en bran­de hier by die huis. Ek was hoe­kal in A­me­ri­ka vir ’n kur­sus by die voor­aan­staan­de MIT-u­ni­ver­si­teit toe die ter­reur­aan­val­le in Pa­rys die wê­reld ge­ruk het. Daai men­se by MIT is baie slim en hul­le het ons ge­leer van al die nuut­ste teg­no­lo­gie­se ont­wik­ke­lings, maar dit is vir my baie tra­gies dat hoe ver­der die mens ont­wik­kel, hoe seer­der maak ons me­kaar. So ek is baie bly om te­rug in Kui­er- land te wees en te waar­deer wat ek het en dit kos die mees in­spi­re­ren­de sto­ries om ons te her­in­ner daar is nog mooi in die wê­reld, al gaan dit soms swaar.

Ca­me­ron Fe­bru­a­ry se sto­rie kom som­mer eer­ste op, want dis een wat jy net moet lees! Wie sou nou kon dink dat mans ook bors­kan­ker kan kry? Maar aan die ein­de van die ver­haal is dit nie die kan­ker wat jou by­bly nie, maar die be­son­der­se waag­moed en po­si­tie­we in­ge­steld­heid van ’n man wat be­reid is om o­pen­lik te praat oor waar­deur hy is (en hoe min van hul­le is daar) so­dat hy an­der kan help. ’n Mens kan ook nie help om saam met C­hes­ter van Zyl bly te wees vir sy nu­we oë nie en Deb­bie Pi­joos wys hoe­veel jou le­we ver­ryk kan word deur vir an­der om te gee. Maar dis T­heltom Ma­si­mi­la se sto­rie wat my hart laat smi­le het, want dís mos waar­oor hier­die tyd­skrif gaan.

De­sem­ber is reg­tig Kui­er- maand en jul­le moet sorg dat jul­le niks mis nie! In die vol­gen­de uit­ga­we groet ons nie net 2015 nie, maar ons be­derf ons le­sers met ’n lek­ker lang­arm CD. Dié uit­ga­we is te koop teen R20 van­af Vry­dag 11 De­sem­ber. Kyk ook uit vir die Kui­erCom­bo vir die so­mer, ook teen R20.

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.