Vre­de vir kers­fees

Kers­fees is ’n tyd om te re­flek­teer, op die goeie én die sleg­te. Mag ons vre­de vind in ons har­te en in me­kaar. Laat ons die dag en fees­sei­soen op die reg­te ma­nier span­deer en ge­niet.

Kuier - - Gebed -

saam­ge­stel deur la­vern maar­man Lie­we Heer, wan­neer ons daar­die eer­ste ad­ver­ten­sies vir Kers­fees op TV sien, dan weet ons die jaar is op sy ein­de. Dit ver­teen­woor­dig ’n tyd van vro­lik­heid en ge­luk­kig­heid. Ons maak reg vir ’n groot fees om die e­tens­ta­fel en ’n boom met ge­sken­ke. Maar He­re, kom maak ons vir ’n oom­blik stil tus­sen al die laas­te voor­be­rei­dings vir Kers­fees en kom her­in­ner ons aan waar­oor dit eint­lik gaan, so­dat ons lief­de en vreug­de vir die Kers­ge­ty kan uit­straal. Kom plaas dit in ons har­te so­dat ons dit kan oor­dra aan ons naas­tes, ge­lief­des, vrien­de en fa­mi­lie. Kers­fees is ook ’n tyd vir vre­de. Help ons dus om reg te maak met ie­mand wat ons te­nage­kom het.Vul ons met naas­te­lief­de en laat ons ver­ge­we en ver­geet. Maar saam met al die goeie din­ge van Kers­fees, is daar ook hart­seer. Die pyn, ge­mis en ver­lan­ge na ge­lief­des wat ons voor­uit ge­gaan het. Baie keer is dit moei­lik en die pyn is steeds daar, maar help ons om die leem­te te aan­vaar aan te be­weeg en vre­de te vind. Help ons ook, o Heer, om dank­baar te wees. Dan­kie dat U ons uit­ge­spaar het om nog ’n fees­ge­ty te kan vier en dan­kie dat ons steeds vir die­ge­ne vir wie ons lief is, om ons kan hê. Laat ons re­flek­teer op die af­ge­lo­pe jaar wat ver­by is, Kers­fees in sy wa­re sin ten vol­le ge­niet en met ’n nu­we le­wens­uit­kyk die nu­we jaar bin­ne­gaan. A­MEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.