R.I.P.

Kuier - - Kuierhoekie -

Kui­er het van­jaar aan­gry­pen­de sto­ries ge­doen oor men­se – oud en jonk – wat in ’n stryd om oor­le­wing ge­wik­kel was, maar uit­ein­de­lik die stryd teen hul siek­te ver­loor het. Ons har­te het saam met die fa­mi­lies s’n ge­breek toe ons die ty­dings kry en ons dra hul­le in ons ge­be­de. Ons ont­hou hul­le met deer­nis en lief­de.

KEISHA (7)

Sy het aan die kan­ker neu­ro­blas­toom ge­ly en ’n mas­sie­we groei­sel in haar ge­sig ge­had. Sy het op 30 A­pril ge­sterf.

MO­NI­QUE

Vir 21 jaar lank was die Ty­ger­berg-hos­pi­taal haar huis en in A­pril het sy weens a­sem­ha­lings­pro­ble­me ge­sterf.

RI­CAR­DO

Kan­ker het ook hier­die mu­siek­le­gen­de laat sneu­wel. Hy is op 25 No­vem­ber op 43-ja­ri­ge ou­der­dom oor­le­de.

AMY

Sy is met ’n hart­de­fek ge­bo­re en haar ou­ers het hard ge­bid vir ‘n sken­ker­hart. Sy het in No­vem­ber ge­sterf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.