Kers­fees

MET AMY & GE­SIN

Kuier - - Front Page - DEUR ERNUSTA VAN WYN­GAARD

Met drie skool­gaan­de kin­ders, ’n man, twee maat­skap­pye en nog an­der sa­ke­ont­wik­ke­lin­ge, bly die voor­ma­li­ge Mej. Suid-A­fri­ka Amy K­lein­hans-Curd op ’n draf­stap. Maar moe­nie dink hier­die vrou het ’n te­kort aan e­ner­gie of dat sy te moeg is om selfs aan Kers­fees te dink nie!

In­teen­deel, sy sien ver­skrik­lik uit na Kers­fees, om­dat sy en haar fa­mi­lie mal daar­oor is om by­me­kaar te kom en dan ’n hond uit ’n bos uit te kook en kui­er!

Nou kyk, wan­neer Amy (47) en haar drie sus­ters, die twee­ling Ru­by en Cry­stal (39) en oud­ste sus­ter, Hilf­red (50), ag­ter die K­ris­mis­pot­te in­skuif, is een ding ver­se­ker – die ta­fels gaan kreun on­der al die lek­ker ge­reg­te en hul­le gaan lag, ge­sels en eet tot­dat hul­le om­kap vir ’n mid­dag­sla­pie.

Laas­ge­noem­de sal in al­le waar­skyn­lik­heid nie ge­beur nie, sê Amy, want hul­le het een­vou­dig net te veel pret! En ná ’n be­dry­wi­ge, maar vreug­de­vol­le jaar, is Amy meer as ge­reed om haar skoe­ne uit te skop en ge­hal­te­tyd saam met haar fa­mi­lie te span­deer.

Amy se ma, Hillary (76), en jong­ste dog­ter, Ge­or­gia (9), be­aam wat ’n won­der­li­ke ge­beur­te­nis Kers­fees el­ke jaar op hul fa­mi­lie­ka­len­der is. Hillary en Ge­or­gia, wat ook ’n ver­jaar­dag (12 De­sem­ber) deel, was heel op­ge­maak om saam met Amy die voor­blad te deel.

MOOI­HEID VAN BIN­NE

Amy se skoonheid, in­tel­li­gen­sie en ne­de­rig­heid slaan ’n mens se a­sem weg, maar dis wan­neer jy tyd met Hillary en Ge­or­gia span­deer, dat jy ag­ter­kom hoe baie van Amy in al­bei ge­nestel lê.

Wan­neer Hillary ge­sels, kan jy sien hoe­kom Amy se voe­te ten spy­te van haar be­kend­heid, steeds plat op die aar­de is en ook hoe­kom sy so ’n mooi ge­aard­heid het. Want Hillary het Amy en haar sus­ters al van kleins af ge­leer om te“s­wal­low” in­dien hul­le iets ne­ga­tiefs oor ie­mand an­ders wou sê. Dis hoe Amy ge­leer het om eer­der die mooi in men­se raak te sien en dat skoonheid van­uit jou siel straal en nie net lê in per­fek­te ge­laats­trek­ke nie. En dis die­self­de“s­wal­low-les”wat Amy en haar sus­ters vir hul kin­ders leer.

Maar met hier­die voor­blads­hoot is dit nie Amy wat die kol­lig steel nie, maar Ge­or­gia met haar lang, blon­de ha­re en blou oë. Sy trek na haar pa se kant van die fa­mi­lie en Amy se an­der twee kin­ders, P­hil­lipa (17) en T­ho­mas (15), na die K­lein­hans-kant.

Dis eg­ter nie net Ge­or­gia se Goue Lok­kies-voor­koms wat haar diep in jou hart laat kruip nie, maar hoe goed­ge­ma­nierd en in­tel­li­gent sy is op net ne­ge jaar. Nes haar ma, stel sy ook be­lang in men­se om haar en wat jy doen. En wan­neer sy eers dít weet, kom sy tot op jou vlak en ge­sels as­of jul­le ou ma­ters is, maar son­der om te klink of sy haar“groot hou”.

Van vo­ri­ge blad­sy

Sy het al­mal wat op die shoot ge­werk het, om haar pin­kie ge­draai en was soos ’n pro­fes­si­o­ne­le mo­del voor die ka­me­ra. Om vir Ge­or­gia so op­ge­dress in die ou­lik­ste rok­kies te sien, was vir Amy ’n groot be­derf, want“Ge­or­gia is ’n reg­te klein tom­boy”.

Maar voor Ge­or­gia ons aan­dag heel­te­mal af­trek, te­rug by Amy oor die jaar wat was en die Kers­fees­vie­rin­ge wat voor­lê.

hul VEI­LI­GE HA­WE

Net die noem van die woord Kers­fees laat Amy breed glim­lag en sy be­gin bor­re­lend die af­ge­lo­pe jaar her­leef.

Amy en haar ge­sin bly nou al so­wat twee jaar in Fransch­hoek bui­te Kaap­stad na­dat hul­le uit Jo­han­nes­burg ver­huis het en Amy sê te­vre­de haar kin­ders er­vaar nou ’n sin van vry­heid, wat nie in Jo­han­nes­burg die ge­val was nie.

“Hul­le is nou Ka­pe­naars! Ek wou nog al­tyd ge­had het my kin­ders moet vei­lig voel. P­hil­lipa, wat vol­gen­de jaar ma­triek is, wou aan­vank­lik ná skool Nieu-See­land toe gaan, maar het be­sluit om te bly en in die Kaap te stu­deer.”

Die an­der ge­beur­te­nis van die af­ge­lo­pe jaar waar­oor Amy gees­drif­tig praat, is ver­wik­ke­lin­ge in haar maat­skap­py Pri­va­te La­bel Pro­mo­ti­on, wat al 23 jaar be­staan. Di­al-a-te­a­cher is haar an­der maat­skap­py.

Amy sê trots haar maat­skap­py het nou ’n app ge­naamd“Hey Ju­de”ont­wik­kel, wat sa­ke­op­los­sings wat haar maat­skap­py al vir ja­re vir kli­ën­te van­uit ’n kontaksentrum doen, nou met ’n slim­foon kan doen. En hier­die keer het al­mal toe­gang daar­toe. Amy het Hey Ju­de in­ter­na­si­o­naal be­kend­ge­stel en sy was juis on­langs in Du­blin, Ier­land, om ’n voor­leg­ging daar­voor te doen.

“Hey Ju­de is jou vir­tu­e­le PA. E­nig­iets wat jy soek – of dit nou ’n was­se­ry is of ie­mand om te bel om jou ver­ga­de­ring te skuif of ’n be­stuur­skool of e­nig­iets teen ’n spe­si­fie­ke be­drag – ons soek en re­ël dit vír jou en jy hoef nie deur hon­der­de uit­slae te sif soos op Google om te kry waar­na jy soek nie. E­ni­ge pro­duk of ver­skaf­fer – Hey Ju­de is daar om te help. Di­al-a-te­a­cher doen ook net­so goed,”sê Amy gees­drif­tig.

fa­mi­lie se SA­ME­SYN

Dis op hier­die op­win­den­de en e­ner­gie­ke noot dat Amy reg­maak vir ’n heer­li­ke Kers­fees saam met haar fa­mi­lie en ter­self­der­tyd uit­sien na vol­gen­de jaar om­dat P­hil­lipa in ma­triek gaan wees en sy haar sa­ke­jaar op ’n hoog­te­punt af­ge­sluit het.

“Hier­die Kers­fees is baie op­win­dend, want ek weet die nu­we jaar wat kom is ge­vul met die din­ge wat ek van hou om te doen,”sê Amy.

Haar ge­sig straal en sy wys ons foto’s van haar sus­ters wan­neer sy sê sy kan nie wag dat “ons vier gi­rls saam is nie”.

Van­jaar op die K­lein­han­se se spys­kaart is on­der meer var­klies (pork bel­ly), kreef­ker­rie en ge­roos­ter­de vleis Jamie O­li­ver­styl, voeg Amy lag­gend by. P­hil­lipa en die an­der nig­gies en neefs is ver­ant­woor­de­lik vir ’n in­druk­wek­ken­de trifle. Daar­na word ’n ta­fel met al die kos ge­dek. Amy sê ge­woon­lik be­sluit hul­le saam oor wat die voor­ge­reg gaan wees en die wy­ne wat hul­le daar­mee gaan paar so­wel as die kleur­ske­ma vir die spe­si­a­le ge­leent­heid.

“Dít is wat tans op die fa­mi­lie­groep op W­hat­sApp be­spreek word.”Haar ge­sig kry ’n sag­te uit­druk­king wan­neer sy by­voeg: “Ons fa­mi­lie ver­staan me­kaar so goed en kom baie goed oor die weg. En dis waar­oor Kers­fees vir my gaan – fa­mi­lie.”

Amy se pa het 14 jaar ge­le­de al af­ge­sterf, maar hul­le is nie hart­seer wan­neer dit Kers­tyd raak nie.

“Op Kers­dag is ons glad nie hart­seer oor sy dood nie, want dit was nie in sy per­soon­lik­heid om te wil hê dat ons hart­seer moet wees nie. Hy wou al­tyd hê ons moet die toe­koms vier; al­tyd vo­ren­toe kyk en ons moe­nie ba­ga­sie die toe­koms in­dra nie. Hy het ons mei­sies ook al­tyd ver­se­ker dat ons die ka­pa­si­teit het om e­nig­iets te doen.”

Wat ge­sken­ke be­tref, sê Amy net die kin­ders kry ge­sken­ke. In plaas van ge­sken­ke vir die groot­men­se, het hul­le ’n tra­di­sie in­ge­stel waar die fa­mi­lie me­kaar se na­me trek en dan vir daar­die per­soon ’n brief van dank­baar­heid skryf waar­in hul­le ver­tel hoe­kom hul­le die an­der per­soon waar­deer.

Die brief word dan om die Kers­ta­fel uit­ge­lees. Maar al die vol­was­se­nes gooi by­me­kaar om vir Hillary ’n ge­sa­ment­li­ke ge­skenk te koop.

Hillary is ’n warm, sag­ge­aar­de vrou en wys trots vir ons die spe­si­a­le ring wat haar dog­ters ver­le­de Kers­fees vir haar laat maak het. Die ring het ver­skil­len­de kleu­re en el­ke dog­ter het ’n spe­si­a­le kleur ge­kies.

“Ek haal hier­die ring nooit af nie,”sê Hillary op haar sag­te ma­nier van praat.

“Dis my kos­baar­ste ge­skenk. Ek het A­my­hul­le van kleins af ge­leer om ge­sken­ke te gee, want ek wou by hul­le in­prent hoe be­lang­rik dit is om te gee. Want ek glo as

jy ’n oop hand het, sal jy ont­vang – dalk nie van die­self­de per­soon nie, maar jy sal ont­vang.”

Hillary, wat agt klein­kin­ders het, het ook des­tyds ge­sorg dat daar Ker­s­tye lek­ker ge­reg­te soos ge­roos­ter­de vlei­se, slaaie, kreef en gar­na­le voor­ge­sit word. En na­tuur­lik trifle vir na­ge­reg.

Ge­luk­kig hoef sy nie dees­dae meer al die kook­werk te doen nie; daar­voor sorg Amy-hul­le.

“Daar is nie woor­de om die ge­voel van dank­baar­heid te be­skryf wat ek ge­du­ren­de Kers­fees­tye met my kin­ders en klein­kin­ders er­vaar nie. Al­mal gee vir al­mal – selfs al is dit net ’n sjo­ko­la­de of koe­kies of ge­sken­ke wat hul­le self ge­maak het. Dis ’n fa­mi­lie-Kers­fees waar daar so­veel gee en ge­not is en ons be­sef die ryk­dom wat in ons ge­sond­heid lê,”sê Hillary.

Maar moe­nie dink die pret stop vir Amy by Kers­fees nie. Sy ver­tel op­ge­won­de sy het ook ’n prop­vol va­kan­sie­pro­gram be­plan vir haar fa­mi­lie.

Dit sluit in kui­ers op Kaap­se stran­de; op hul plaas Jan Harms­gat in S­wel­len­dam in die Wes-Kaap; ’n kamp (in ten­te) by Wolf­kop in Citrus­dal; wa­ter­ski by K­wag­gas­kloof­dam na­by Wor­ces­ter; ’n trein­rit op die S­hosho­lo­za-trein na Jo­han­nes­burg; en ver­blyf op ’n wild­plaas.

Dan kom vrien­de van haar man, Leig­h­ton Curd, van Aus­tra­lië Ou­jaars­aand by hul­le op ’n seil­jag deur­bring; en daar­na gaan die ge­sin vir ’n paar dae Ar­nis­ton toe. En, sê Amy lag­gend, tus­sen­in pas sy die ge­bruik­li­ke spring cle­a­ning ook in.

Amy en haar ma laat ’n mens som­mer wens jy kan hier­die Kers­fees met die K­lein­han­se vier met al die vet pret wat hul­le ge­woon­lik het.

Maar hul­le her­in­ner ’n mens weer dat Kers­fees oor fa­mi­lie gaan en dat jy jou­ne hier­die Kers­fees ek­stra moet waar­deer.

Ons fa­mi­lie ver­staan me­kaar so goed en kom baie goed oor die weg. En dis waar­oor Kers­fees vir my gaan – fa­mi­lie.

Amy K­lein­hans-Curd

REGS: Amy K­lein­han­sCurd koes­ter haar fa­mi­lie. By haar is

haar ma, Hillary, en jong­ste dog­ter,

Ge­or­gia (9). LINKS: Ge­or­gia het el­ke oom­blik voor die

ka­me­ra ge­niet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.