OP HUL MOOI­STE DAG

Bi­an­ca & David

Kuier - - FRONT PAGE -

Dis on­ge­loof­lik ma­gi­cal om twee ge­lief­des se ge­voe­lens vir me­kaar in hul oë te sien; om die re­spek­vol­le ma­nier waar­op hul­le mét en van me­kaar praat, aan te hoor; en te sien hoe hul han­de al­tyd me­kaar s’n vind. Want son­der om ’n woord te ui­ter, be­ves­tig ’n paar­tjie in dié ge­ba­re aan me­kaar daar­die een e­mo­sie waar­voor ons broos staan – die liefde.

Hier­die be­ves­ti­ging van broos­heid en die liefde is wat al­mal wat Bi­an­ca le Gran­ge en David Ar­nold John­son (al­bei 34) se spro­kies­mooi­troue op 23 De­sem­ber 2015 by Zorg­vliet E­sta­te bui­te S­tel­len­bosch in Kaap­stad by­ge­woon het, ge­tui­es van was.

In wat waar­skyn­lik een van die mooi­ste oom­blik­ke van hul trou­dag was, was toe die pre­di­kant die paar­tjie ge­vra het om vir een mi­nuut net in me­kaar se oë te kyk. Gas­te was ge­vra om dood­stil te wees. Al­mal kon sien hoe broos Bi­an­ca en David voor me­kaar se liefde ge­staan het. Dié oom­blik was af­ge­sluit met ’n“a­men”.

Die bood­skap wat uit­ge­gaan het, was oor broos­heid en hoe die hu­we­lik ’n vei­li­ge plek is om broos te wees. Aan die gas­te het die pas­toor ge­sê:“As gas­te het jul­le ook ’n ver­ant­woor­de­lik­heid om Bi­an­ca en David te on­der­steun wan­neer hul­le broos is – en nie net om te sê,‘kyk hoe mooi lyk sy nie’.”

En ter­wyl David sy be­lof­tes aan haar ge­maak het, het Bi­an­ca ge­veg teen die tra­ne. In hier­die oom­blik kon al­mal sien die waar­heid van wat ge­beur, het op haar be­gin neer­daal. Toe sy sê“I do”het ’n vreug­de­vol­le han­de­klap los­ge­bars.

Hul hu­we­liks­be­ves­ti­ging is af­ge­sluit met ker­se wat Bi­an­ca en David aan­ge­steek het, ter­wyl een van die strooi­mei­sies“I wan­na know your he­art”ge­sing het.

’n ge­skenk van liefde

Die ge­skenk van liefde kon nie op ’n be­ter tyd vir Bi­an­ca en David ge­kom het nie. Maar dit het hul­le wel on­kant be­trap. . .

Hul al­bei was be­sig om van ge­bro­ke har­te te her­stel en het glad nie liefde ge­soek toe hul­le iets vir me­kaar be­gin voel nie.

En wat be­gin het as ’n vriend­skap, het hul­le op ’n op­win­den­de lief­des­reis ge­vat met die vol­gen­de hoof­stuk van hul le­we saam wat op 23 De­sem­ber be­gin het toe hul­le mnr. en mev. John­son ge­word het.

Of soos Bi­an­ca en David dit stel:“The s­tars ha­ve a­lig­ned for us.”

hul spro­kies­dag

Bi­an­ca het se­ker ge­maak hul troue is die mooi­ste dag van hul le­we, want al­les was per­fek – van haar ont­wer­pers­trou­rok deur Hen­drik Ver­meu­len; tot die de­kor met die in­bring van sam­bre­le en ’n klein Kaap­se Klop­se band wat daar­die ek­stra at­mos­feer ge­skep het; tot die kos-en-wyn­pa­ring by die ont­haal; en die u­nie­ke“David & Bi­an­ca Wed­ding Mar­ket”wat ’n groot tref­fer on­der gas­te was. Die ont­haal self was ro­man­ties, in­tiem, warm en styl­vol. Hul troue het paar­tjies wat daar was, her­in­ner aan hul eie lief­des­ver­ha­le en hoe spe­si­aal dit is om ’n an­der helf­te te hê.

On­der die gas­te was ook be­ken­des soos Chris­to Da­vids en sy vrou, Cin­dy; Emo A­dams en sy vrou, Mi­chel­le; Marc Lottering en sy le­wens­maat, An­war; Clai­re P­hil­lips (wat ook ’n lied­jie ge­sing het); T­he­o­do­re Jan­tjies, Mau­ri­ce Pai­ge; Kim Cloe­te en Char­les Ter­tiens (’n vriend van David en se­re­mo­nie­mees­ter).

El­ke gas kon Bi­an­ca en David se liefde vir me­kaar vóél en dit was dui­de­lik hul hu­we­liks­be­ves­ti­ging was die sa­me­voe­ging van twee fa­mi­lies wat die an­der een se kind al­reeds on­voor­waar­de­lik en met ope arms ont­vang het.

Bi­an­ca se ma, Bere­ni­ce, het in haar toe­spraak om­trent die hart­sna­re ge­roer toe sy sê:“Toe ek David vir die eer­ste ont­moet, het ek da­de­lik ver­lief ge­raak op hom. Ek is ’n baie ge­luk­ki­ge ma. Dan­kie dat jul­le (die John­son-fa­mi­lie) my kind aan­vaar. Die ma­nier waar­op Bi­an­ca van­dag glim­lag, hoop ek is hoe sy vir die res van haar le­we gaan glim­lag.”

David se pa het in sy toe­spraak ge­sê hy is bly David het ’n maat in Bi­an­ca ge­vind.

Die kleur­ske­ma vir die troue was sjam­pan­je en sag­te pienk en in hul de­kor het Bi­an­ca ge­sorg dat el­ke hoe­kie wat ge­bruik word, mooi ver­sier was.

By die ou­li­ke ker­kie op Zorg­vliet, waar hul­le ge­trou het, was daar twee groot draad­har­te aan die deur ter­wyl em­mers met sam­bre­le in die paad­jie ge­staan het. In die kerk self, was pro­te­as met lin­te aan die kerk­ban­kies vas­ge­maak en die ro­se en ker­se voor in die kerk het ’n ro­man­tie­se ge­voel ge­skep.

Om at­mos­feer te skep voor die bruids­paar by die kerk op­ge­daag het, het ’n mi­ni- Kaap­se Klop­se band gas­te ver­maak met be­ken­de lied­jies soos “Wel­co­me to Ca­pe Town”en“A­li­bam­ba”.

David, ge­klee in ’n na­vy blou-pak en sy broer en hoof­strooi­jon­ker, Marc, het ge­ar­ri­veer in ’n klas­sie­ke swart Mer­ce­des Benz, wat David self be­stuur het. David was koel en kalm en het die gas­te ge­groet.

En toe breek die oom­blik aan waar­voor al­mal, meest­al David, ge­wag het – om vir Bi­an­ca te sien.

Toe Bi­an­ca die kerk bin­ne­stap, kon ’n mens ’n speld hoor val soos wat al­mal stom­ge­slaan was oor hoe mooi sy ge­lyk het. Sy het be­gin huil nog voor­dat sy by David by die al­taar uit­ge­kom het.

Ná hul hu­we­liks­be­ves­ti­ging kon gas­te vir Bi­an­ca en David ge­luk­wens voor­dat hul­le fo­to’s moes neem.

Ter­wyl hul­le trou­fo­to’s ge­neem het, het gas­te hul­self op­ge­hang aan die heer­lik­ste ca­napés by hul Wed­ding Mar­ket. Op dié spys­kaart was c­har­cu­te­rie (salamistokkies, bil­tong, pas­tra­mi, Koe­doe car­pac­cio en sa­la­mi met pie­kel en mos­terd); bou­lan­ge­rie (ver­skil­len­de bro­de met ’n ver­skei­den­heid bot­ter); fro­ma­ge­rie (ver­skei­den­heid ka­se met vye, ker­sie- en blou­bes­sie­kon­fyt, vars aar­beie en drui­we); en pois­so­ne­rie (vars Wes­kus­se oes­ters). Daar was ook ’n “soet­sta­sie”met ’n ver­skei­den­heid lek­kers en ’n bier­sta­sie wat net­so ge­wild was.

Die ont­haal het ook nie te­leur­ge­stel nie. Die de­kor-i­tem wat waar­skyn­lik die mees­te aan­dag ge­trek het, was die wit sam­bre­le wat van die pla­fon ge­hang het; so­wel as die blom­me­rang­skik­kings van pro­tea, or­gi­dieë en ro­se en ui­ters in­druk­wek­ken­de, groot wit stoe­le by die bruids­ta­fel.

Die spys­kaart het ook ge­sorg vir ’n eeter­va­ring soos min, want dit was saam met KWV-wy­ne ge­paar. Die voor­ge­reg was sal­mon trout in ’n aar­bei- en beet­sous; die hoof­ge­reg was bees­fil­let met ’n bran­de­wyn­pe­per­sous; en die na­ge­reg was ’n sjo­ko­la­de­lief­heb­ber se droom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.