Hal­lo Kui­er­men­se

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Jin­ne, 2016 speel nie s­naaks nie! Ons is al­mal ge­woond swaar­kry in Ja­nu­a­rie, maar met die rand wat nou so val, lyk dit as­of ons in Fe­bru­a­rie éérs op ons tan­de gaan kners!

Geld­sa­ke is hoog op al­mal se a­gen­da en as ons dit deur hier­die jaar wil maak, sal ons som­mer vroeg moet plan­ne be­raam om uit die skuld te kom en te be­gin spaar. Moet dus nie die ar­ti­kel op blad­sy 46 mis nie. Ek het eer­ste daar­heen ge­blaai en nog­al ’n paar han­di­ge tips op­ge­tel. Ka­ren Hart het ook ’n paar lek­ker goed­koop en mak­li­ke ge­reg­te ge­maak so­dat ons bly lek­ker eet, al moet ons plek-plek sny. Ons het ook ho­pe in­spi­ra­sie­sto­ries in hier­die uit­ga­we om jul­le moed te gee vir die moei­li­ke tye wat voor­lê en daar is mos niks mooi­er as ’n troue nie!

Ons is baie be­voor­reg dat Bi­an­ce le Gran­ge ons spe­si­aal ge­nooi het om haar mooi­ste dag mee te maak. Dit was voor­waar ’n baie spe­si­a­le ge­leent­heid wat juis uit­ge­staan het vir die in­ti­mi­teit. Al­les is op­ge­dra aan die liefde en jy kon sien die prag­ti­ge paar­tjie het al­les vir me­kaar ge­doen en nie om raak­ge­sien te word nie. Ons is baie dank­baar dat ons die dag met hul­le kon deel en op ons beurt met ons le­sers.

Ons kan ook nie die ras­se­storm ig­no­reer wat die he­le land aan die praat het se­dert Pen­ny S­par­row se ge­wraak­te Fa­ce­book­bood­skap nie en ons het I­vor P­ri­ce ge­vra om sy in­druk­ke daar­oor te gee. Sy sto­rie het my reg­tig ver­baas, want dit het weer ge­wys hoe ’n per­soon­li­ke saak ras­sis­me en dis­kri­mi­na­sie vir baie van ons is, maak nie saak hoe be­kend jy is nie. Maar aan die ein­de van die dag klou ek vas aan die vol­gen­de: Dit was nie die eer­ste keer nie en be­slis ook nie laas­te keer nie, maar ons is al deur er­ger en kan dit weer doen.

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.