Fa­ce­book

Kuier - - Kuierhoekie -

Baie ge­luk aan Bi­an­ca en haar man (Bi­an­ca se brui­lof, 27 Ja­nu­a­rie 2016). Jul­le lyk stun­ning! Ek wens jul­le al die ge­luk in die wê­reld, jul­le ver­dien dit! NEL­LIE MAART

Ek stem saam met Er­nest Loth se Wat die hart van vol is (27 Ja­nu­a­rie 2016). Nu­we jaar, nu­we din­ge. Los 2015 en sy bad me­mo­ries in die ver­le­de waar dit hoort. Neem net die goei­es saam jou in 2016 en maak dit selfs nog be­ter. Soos Er­nest sê: “Maak jou eie huis skoon so­dat jou kop skoon kan wees en jy die nu­we jaar met ’n skoon ge­moed kan aan­durf.” Dis hoe ek my nu­we jaar be­gin het. RO­MA BAI­LEY

Dis hoog­tyd dat Kui­er ook ’n ce­le­bri­ty troue op die voor­blad het. Stun­ning! Net jam­mer die fo­to is nie een waar al­bei na die ka­me­ra kyk nie! BER­NA­DET­TE SWARTZ

Dit is baie be­lang­rik om vir ’n t­wee­de o­pi­nie te gaan (’n T­wee­de o­pi­nie, 27 Ja­nu­a­rie 2016). Ek was in Ok­to­ber 2014 by ’n gyn­ae wat my mee­ge­deel het ek moet Ja­nu­a­rie 2015 ge­o­pe­reer word. Die vol­gen­de maand toe gaan sien ek ’n an­der gyn­ae en hy sê ek ma­keer niks en my uit­slae is nor­maal. Ek was so ver­lig en bly. ZE­NO­BIA DU P­LES­SIS A­RENDS

Al die ar­ti­kels in jul eer­ste uit­ga­we van die jaar was baie boei­end en jy kon van al­mal iets leer. Bi­an­ca se sto­rie was vir my baie aan­gry­pend (Vol­ko­me Ver­gif­nis, 13 Ja­nu­a­rie 2016). Dat sy deur dit al­les kon sê, “Ek ver­ge­we jou”. Ook die sto­rie van Lan­ce R­ho­da ( My Ge­tui­e­nis, 13 Ja­nu­a­rie 2016) leer ons dat e­nig­een wat die moed het, kan op­staan en uit­styg uit sy om­stan­dig­he­de. Dan­kie Kui­er, jul­le is tops! JULIANA MORRIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.