Wat werk!

Hier is raad vir har­de sui­ker, vaal groen­te, grow­we skoen­so­le en las­ti­ge vlieë.

Kuier - - Wenke -

Om jou groen­boon­tjies se hel­der, groen kleur te be­hou, voeg 1 tee­le­pel koek­so­da by ter­wyl dit kook. Ma­rie Louw, Ge­or­ge Ge­bruik ei­er­geel food co­lou­ring in plaas van bor­rie wan­neer jy geel­rys maak. Dit maak nie jou pot en rys strai­ner geel soos die bor­rie nie. S­hi­reen Rau­ben­hei­mer, Port E­li­za­beth Om wa­te­ri­ge pam­poen droog te kry, plaas goed­ge­was­te vy­e­bla­re op die pam­poen en laat oop kook. Ja­net Mok-Ot­to, Ho­pe­town As jou pak sui­ker hard ge­word het, plaas ’n hal­we ap­pel in die pak en plaas dit in die ys­kas tot die vol­gen­de dag. Jo­han­na Fou­rie, Noord­ein­de As jy kaas in groot­maat koop en dit vries, moet dit nie in wa­ter ont­dooi nie, want dit ver­brok­kel en ver­krum­mel. Haal dit ’n dag voor die tyd uit en laat dit in die ys­kas ont­dooi. A­li­da Slab­bert, O­den­daals­rus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.