Hal­lo Kui­er­men­se

Kuier - - Kuierhoekie -

Soos dit ’n pro­per­se ou­jong­nooi be­taam, ver­beel ek my glad nie ek is ’n ken­ner wan­neer dit by sa­ke van die hart kom nie. Daar­om sal ek my nie som­mer oor die on­der­werp uit­laat nie.

Maar aan­ge­sien hier­die da­rem ons Va­len­tyns­uit­ga­we is, het ek ’n vry­pas om heer­lik saam te ge­sels. En as mens nou eer­lik moet wees, wil nie­mand tog al­leen deur die le­we gaan nie. Som­mi­ge is ge­luk­kig, hul­le kry hul per­fek­te maat en hul spro­kie klink soos iets wat eint­lik in ’n Mills & Boon-boek be­hoort. In hier­die uit­ga­we vier ons tal­le sul­ke on­ge­wo­ne en uit­son­der­li­ke lief­des­ver­ha­le wat wys hoe die liefde al­les kan oor­win. Ek het baie lek­ker aan Ba­rack en Mi­chel­le O­ba­ma se sto­rie ge­lees, want dis nog­al s­naaks om te dink die mag­tig­ste man ter wê­reld was ook maar lek­ker on­se­ker van sy saak toe hy Mi­chel­le sy­ne pro­beer maak het. Moet ook nie die mooi lief­des­ver­haal van Jan­nie en Re­gi­na Wil­lems (blad­sy 16) mis nie. Dit wys wat ge­beur as woor­de tot da­de oor­gaan en ’n man al­les sal doen om sy vrou te red. Ons voorbladstorie is pu­re pret om­dat die ver­hou­ding van Ou­baas en Hil­da op 7de Laan ons so­veel ge­not ver­skaf. Dit wys ook dat jy liefde op e­ni­ge ouderdom kan vind.

Dan gee ons ook raad oor al­les wat jou ver­hou­ding kan ver­on­ge­luk, soos pro­ble­me in die slaap­ka­mer en ge­hei­me skuld. Moet ook nie die aan­gry­pen­de wa­re lewensdrama van Da­niel Ja­cobs (blad­sy 10) mis nie. Hy leef al 20 jaar met ’n reus­ag­ti­ge tumor wat dreig om sy nek en kop heel­te­mal te ver­swelg. Nie net is sy le­we on­ge­mak­lik en vol pyn nie, hy leef el­ke dag in vrees vir dok­ters se di­ag­no­se. Ons hoop ons be­soek gee Da­niel die moed om uit­ein­de­lik by ’n dok­ter uit te kom en ge­di­ag­no­seer te word.

Tot vol­gen­de keer,

FO­TO: MISHA JOR­DAAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.