SMS

Kuier - - Kuiermense -

Dan­kie Kui­er vir die goeie diens wat jul­le le­wer in al die ja­re wat ek nou al Kui­er lees. Dit is die fan­tas­ma­go­ries­te boek wat ek al ooit ge­lees het en ek wens jul­le ’n goeie jaar toe. God se ryk­ste se­ë­nin­ge op jul­le. DAVION MA­TROOS, U­PING­TON

Ek wil net baie dan­kie sê vir “Pienk Koel­drank,” die Kort­ver­haal in die Kui­er van 27 Ja­nu­a­rie. So meer ek lees, so meer lag ek my uit my ge­loof uit vir die ver­haal. Nog­al dran­kies uit­deel by die kerk! Ek het dit baie ge­niet. En aan die skry­wer: Jy is tops!

KA­TRI­NA GOR­DON,WEL­LING­TON

S­joe, die Kui­er van 10 Fe­bru­a­rie is da­rem weer prop­vol van die mooi­ste lief­des­ver­ha­le en so baie won­der­li­ke ar­ti­kels. Dis ver­al die ge­tui­e­nis­sto­rie wat vir my uit­staan. Ek wil ook net by­voeg hoe s­tra­lend Bi­an­ca en haar man ge­lyk het in jul vo­ri­ge uit­ga­we (Bi­an­ca se brui­lof, 27 Ja­nu­a­rie 2016) en dr. Ran­dall is reg­tig ’n in­spi­ra­sie vir baie wat som­mer net by die huis lê (Dr. Ran­dall gee raad). Kui­er, jul­le het voort­du­rend meer lees­stof as ad­ver­ten­sies, so dan­kie daar­voor.

MA­RI­TA B­RITS, GOOD­WOOD

Ai my ge­dag­tes gaan uit na Oom Dan (De­ka­des van pyn, 10 Fe­bru­a­rie 2016). Ek hoop en ver­trou dat daar ie­mand is wat hom kan help. Sterk­te en hou ons as­se­blief op hoog­te van sy wel­stand.

MA­RIA VAN WYK, SA­SOL­BURG

Ek wil net baie dan­kie aan Kui­er en Plush sê vir die prys wat ek vir Wenk van die Jaar ge­wen het. Jul­le het my jaar ge­maak. Dan­kie ook aan al­mal wat vir my wenk ge­stem het. Die Kui­er- span was a­ma­zing en ek het ge­voel as­of ek hul­le al ja­re ken.

INSHAAF KIP­PIE, MIT­CHELLS PLAIN

Graag wil ek vir Bar­ry Vol­kwi­jn

(Liefde is die wen­ner, 10 Fe­bru­a­rie 2016) be­moe­dig dat God sien wat hy al­les vir sy vrou doen. Niks gaan on­ge­siens by God ver­by nie. Dan­kie ook aan Kui­er se per­so­neel dat ju­le daar is vir men­se en om­gee. God sal jul­le se­ën en jul­le die be­geer­tes van jul hart gee. LO­RET­TA MAR­CIA UYS, EER­STE­RI­VIER

Baie dan­kie vir die in­te­res­san­te tyd­skrif, met Ou­baas en Hil­da op die voor­blad (10 Fe­bru­a­rie 2016). Ek dink net dis ’n ramp om vir Ber­nard op 7de Laan te ver­loor, ons gaan hom mis. Hill­si­de moe­nie nou al hul ge­lief­de ka­rak­ters ver­loor nie. Dis reeds erg son­der mnr. Mein­tjies en Her­man wat weg is.

RO­NA LOUW, RIET­FON­TEIN

Kui­er, jul tyd­skrif is nou een­maal ’n must ha­ve! Jul­le is tops en ek li­ke jul­le kwaai.

ZAIDA SWART, MOS­SEL­BAAI

Wow, wat ’n won­der­li­ke tyd­skrif! Dis al so deel van my le­we en som­mer ook die klomp by die werk. Se­dert ek die Kui­er be­gin koop het, het ek al­mal aan­ge­steek en so koop ons el­ke t­wee­de week vyf tyd­skrif­te, want nie­mand wil deel nie. Elk­een steek be­hoor­lik sy boek weg, so­dat ie­mand an­ders wat nie die Kui­er ge­koop het nie, nie jou boek in die han­de kry nie. Daar is net so­veel s­to­ries in om jou te u­plift en jy be­sef daar is men­se wie se pro­ble­me baie er­ger as jou­ne is en dat jy eint­lik baie het om voor dank­baar te wees. Jou hart brand be­hoor­lik met el­ke ar­ti­kel wat jy lees en dit voel as­of jy saam met die men­se hul pad stap. Baie dan­kie vir ’n stun­ning boek.

JO­AN DRUDE, MOS­SEL­BAAI

Ek lag dat die tra­ne loop vir die Kort­ver­haal “Pienk koel­drank,” (27 Ja­nu­a­rie 2016). Dan­kie daar

voor! MAU­R­EEN VI­SA­GIE, MIT­CHELLS PLAIN

Dan­kie Kui­er- span vir al die s­to­ries en die wen­ke. Ek is reg­tig ver­slaaf aan die tyd­skrif. Dit laat jou be­sef daar is so baie om vir God dan­kie te sê.

SALME DA­VIDS, DE AAR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.