HAL­LO KUI­ER­MEN­SE

Kuier - - Kuiermense -

In hier­die uit­ga­we vier ons die ga­we van die le­we in al sy fa­set­te en ons kan nie op ’n be­ter noot be­gin as met ons spran­ke­len­de voorbladgesig Tracey Lan­ge nie. Sy straal voor­waar po­si­ti­wi­teit en ’n lus vir die le­we uit in al­les wat sy doen. Baie dan­kie Tracey dat jy die fo­to­ses­sie so­veel pret ge­maak het.

Die sto­rie oor klein Jus­tin John­son, of­te­wel Mr My­a­gi, op blad­sy 14 gaan al­mal ook som­mer laat glim­lag. Die ou­tjie is nou wel klein van ge­stal­te, maar jy kan som­mer sien hy het ’n baie groot hart en is toe­ge­vou in die liefde van al­mal rond­om hom.

Ons het ook ’n he­le paar s­to­ries ge­doen oor swan­ger­skap, juis om­dat dit so ’n be­lang­ri­ke fa­se van die le­we, maar ook van vrou­wees is. Ek is se­ker baie van ons le­sers gaan te­rug­dink aan die dae toe hul­le hul bon­del­tjie vreug­de ver­wag het of hul er­va­ring in die kraam­saal en dan gaan daar ook se­ker­lik die­ge­ne wees wat uit­sien na die koms van hul eer­ste.

Dis ’n on­der­werp waar­oor ons moet saam­ge­sels en ons er­va­rings deel (al is jy ’n antie, ou­ma of pa) so­dat geen vrou al­leen voel nie. Dis juis oor al die saam­ge­sels dat die on­der­werp vir Ernusta se on­der­soek (blad­sy 40) ter spra­ke ge­kom het. Baie van ons het glad nie van hier­die wet ge­weet nie en baie van die ma’s in die span was he­wig ont­steld daar­oor dat fe­tus­se as me­die­se af­val ge­re­ken word as hul­le dit nie ver­by 26 we­ke maak nie. Die sto­rie het my laat be­sef hoe­veel skok­ken­de goed el­ke dag in ons sa­me­le­wing ge­beur waar­van ons nie be­wus is nie, so ge­sels as­se­blief saam.

Moet ook nie ons groot aan­kon­di­ging oor die Huiskok-kom­pe­ti­sie mis­kyk nie! Dis baie groot nuus en daar is baie groot pry­se op die spel. Skryf nou in!

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.