WAAK TEEN GEES­TE­LI­KE DROOG­TE

Hy het vir eers to­neel­spel vaar­wel toe­ge­roep en ’n an­der pas­sie ont­dek: Om die Woord te ver­kon­dig en om mans van hul be­lang­ri­ke rol in die sa­me­le­wing te her­in­ner.

Kuier - - FRONT PAGE - DEUR ERNUSTA VAN WYN­GAARD

In tye soos hier­die wan­neer dit lyk as­of daar meer don­ker wol­ke as lig­stra­le is, moet ons ont­hou die He­re is ons her­der, soos daar in Psalm 23 ge­skryf staan, en dat ons by Hom moet rig­ting soek wan­neer ons nie meer weet wat­ter kant toe nie.

Dít is wat die ak­teur Za­ne Me­as (50) wil hê ons moet ont­hou wan­neer dit moei­lik gaan en dat ons te­rug moet gaan na die ba­si­cs, waar mans en pa’s die gees­te­li­ke lei­ers in hul hui­se is en die brood­no­di­ge lei­ding gee.

Die don­ker wol­ke het die laas­te ruk erg oor ons saam­ge­pak. Se­dert die be­gin van van­jaar was ons land ge­dom­pel in voor­val­le wat ons ver­stom, soms woe­dend en selfs hart­seer ge­laat het.

Daar was die tal­le skok­ken­de ras­sis­tie­se uit­la­tings op so­si­a­le me­dia; die stu­den­te­be­to­gings wat ein­de ver­le­de jaar be­gin het en plek-plek steeds voort­duur en die e­ko­no­mie wat al­mal laat swaar­trek.

Maar dan is daar ook die een uit­da­ging wat ons mag­te­loos laat voel en vol­was­se, sterk men­se laat knak – die voort­sle­pen­de droog­te en sy ge­vol­ge, waar­van wa­ter­te­kor­te en sty­gen­de kos­pry­se maar net ’n paar is. Nie een van ons kan reg­tig sê ons staan on­aan­ge­raak deur hier­die toe­stan­de nie, want jy voel dit bin­ne-in jou in­tiem

ste bin­ne­ka­mer.

GEES­TE­LI­Ke droog­te

Za­ne het 23 jaar ge­le­de al sy hart vir die He­re ge­gee en is se­dert­dien pas­sie­vol oor sy ver­hou­ding met God en om die Woord te ver­sprei. Be­hal­we to­neel­spel is sy an­der pas­sie om mans daar- HOOF­FO­TO: Za­ne Me­as (50) volg nou ’n an­der pas­sie waar hy men­se op ’n die­per,

gees­te­li­ke vlak raak.

aan te her­in­ner wat­ter be­lang­ri­ke rol hul­le in hul huis en die ge­meen­skap speel. Dit is hoe­kom hy sy Fat­her­hood Foun­da­ti­on amp­te­lik in 2009 ge­stig het, maar hy het reeds drie jaar voor dit in 2006 met werk vir sy or­ga­ni­sa­sie be­gin.

En se­dert hy 7de Laan ver­laat het, toer Za­ne Suid-A­fri­ka plat om die Woord en die bood­skap oor mans se lei­er­skaps­rol te ver­kon­dig.

Hy voel só sterk hier­oor dat hy selfs aan­bie­din­ge vir an­der se­pie­rol­le van die hand ge­wys het om op sy gees­te­li­ke stig­tings­werk in die sa­me­le­wing te fo­kus.

Ons moes juis vir hier­die uit­ga­we ’n te­le­fo­nie­se on­der­houd doen om­dat Za­ne toe in Ge­or­ge was waar hy gevangenes toe­ge­spreek het.

“Ons (in Suid-A­fri­ka) is gees­te­lik arm,” be­gin Za­ne sy bood­skap vir ons vir hier­die Paas­uit­ga­we deel.“Vir my gaan dit (tans) oor die gees­te­li­ke droog­te en dít is eint­lik vir my die jam­mer­te. Ons gees­te­li­ke kli­maat is nie wat dit moet wees nie en ons moet ook ver­sig­tig wees om nie een ge­loof voor ’n an­der te t­rek nie.”

Za­ne voel ook men­se se har­te t­rek hul­le tans in ver­skil­len­de rig­tings en dit dra by tot ons rig­ting­loos­heid in tye van nood.

Maar, voeg hy by, die een per­soon wat hy voel dees­dae gees­te­lik ver­lo­re is, is die man en pa.

Za­ne haal ’n skrif in Ma­leá­gi aan en sê, “. . . die har­te van die va­ders moet te­rug­draai na die huis en hul kin­ders en hul fa­mi­lies . . .”en dat hier­op ge­bou moet word so­dat mans hul vol­waar­di­ge plek­ke in die huis en ge­meen­skap kan vol­staan.

“Die va­ders van ons land se har­te is nie op die reg­te plek nie – dis nie by die men­se nie en ek glo ons leef tans on­der die vloek. As men­se te­rug­draai na die He­re, sal Hy ons hoor,”stel Za­ne as op­los­sing voor vir die on­rus waar­in ons land en sy men­se hom­self be­vind.

Za­ne het ge­vind om­dat dit dees­dae al meer ’n al­ge­me­ne ver­skyn­sel is dat die vrou­ens gaan werk en top­po­si­sies be­gin be­klee ter­wyl die man by die huis ag­ter­bly, dat dit mans wat nie gees­te­lik sterk is nie, “laat te­rug­staan en al­les laat los”.

“Hier­die mans weet dan nie meer waar hul­le in­pas nie,”sê Za­ne erns­tig.

Oor of hy dink as mens pro­beer ons te veel op ons­self staat­maak in plaas van na die Man van Bo uit­reik vir hulp en lei­ding, sê Za­ne ons hoef net na A­me­ri­ka te kyk om te sien wat werk en wat werk nie.

“Al­les wat ons in ge­bed weg­vat of die ei­en­skap­pe van God (in ons le­we) wat ons wil weg­vat, ver­er­ger al­les. In ons eie wet­ge­wing wil ons by­voor­beeld ’n ou­er se reg om sy kind te tug, weg­vat,”sê Za­ne. (Die By­bel praat in on­der meer Spreu­ke en Efé­si­ërs oor ’n tug­ti­ging as ’n ma­nier van dis­si­pli­ne­ring.)

GE­LOOF IN DIE HUIS

Za­ne se on­wrik­ba­re ge­loof en ver­hou­ding met God is 23 jaar ge­le­de ge­bo­re na­dat hy sy vrou, Me­gan (46), ont­moet het.

Za­ne ver­tel hy en Me­gan was swan­ger voor­dat hul­le ge­trou het, maar dat hy al voor dit na ’n ver­hou­ding met die He­re ge­smag het. Me­gan het die­self­de ge­voel, maar hul­le het nie met me­kaar oor hul gees­te­li­ke be­hoef­tes ge­praat nie.

“Ek het nie ge­weet sy voel die­self­de (oor ’n ver­hou­ding met God) as ek nie. Toe ons praat, het ek ge­weet sy is die vrou wat die He­re vir my ge­stuur het. Van daar­die dag af, toe ons ons be­keer, is al­les in my le­we en al­les wat ek doen, aan die He­re ge­kop­pel,”ver­tel Za­ne.

In hul huis het hul­le ook ’n sterk gees­te­li­ke fon­da­sie ge­lê son­der om hul kin­ders te dwing om e­nig­iets te doen of die Woord na te volg soos wat hul ou­ers doen, sê Za­ne.

Wat hy eg­ter ge­leer het oor ou­er­skap, meen Za­ne, is dat kin­ders leer wat hul ma en pa doen en nie deur wat jy sê hul­le moet doen nie. Daar­om vat Za­ne en Me­gan hul kin­ders saam kerk toe en Za­ne vat hul­le soms saam na waar hy praat­jies le­wer so­dat hul­le kan sien waar­mee hy be­sig is.

“Ek laat hul­le eer­der sien, want kin­ders copy wat jy doen. Ons maak dit nie ’n ding van‘jy móét die He­re dien’in ons huis nie. Al­bei my groot kin­ders, Camp­bell (21) en Con­nor (18), is jeug­lei­ers by ver­skil­len­de ker­ke en ek het nie vir hul­le ge­sê om in die kerk be­trok­ke te wees nie.”

Maar net om­dat hy ’n sterk ver­hou­ding met God het, be­te­ken dit nie Za­ne se ge­loof word nie af en toe ook ge­toets nie.

“El­ke nou en dan suk­kel ek soos Pau­lus (in die By­bel). Ek wil soms op­gee om­dat ek won­der hoe ek dan so s­waar kry as ek Hom dien? Maar ek be­sef el­ke Chris­ten gaan deur uit­da­gings, want die vy­and mik sy py­le na jou.

“Pau­lus sê in (die By­bel­boek) Ti­mot­he­üs, ‘fig­ht the good fig­ht . . . daar is ’n e­wi­ge le­we wat wag. . .’ Ont­hou ook as dit s­waar gaan met jou, is jy ook ’n voor­beeld vir ie­mand an­ders wat deur ’n s­waar tyd gaan. Ons gaan deur se­ke­re goed om vir an­der te leer.”

die PAD VO­REN­TOE

Oor wat die pad en ’n le­we ná 7de Laan vo­ren­toe vir hom in­hou, sê Za­ne hy span­deer 99% van sy tyd om die bood­skap van va­der­skap reg­oor die land te ver­sprei.

Vir eers wil hy weg­bly van se­pies af, want hy voel die He­re het hom ge­roep om die bood­skap van va­der­skap reg­oor die land in on­der meer sko­le en tron­ke te ver­kon­dig.

Maar voor Kui­er- le­sers te gou be­kom­merd raak, be­lo­we Za­ne hy gaan nie to­neel­spel vaar­wel roep nie. Dis im­mers die ta­lent waar­mee die He­re hom ge­se­ën het, meen hy.

“Ek weet ek gaan werk in die be­dryf tot die dag wan­neer ek dood­gaan.” Daar is juis to­neel­spel­pro­jek­te soos die

Fat­her 2 mo­vie waar­in hy speel in die pyp­lyn en die re­a­li­teits­pro­gram wat hy saam met sy ge­sin wil doen.

Maar vir eers fo­kus hy sy aan­dag op een van sy be­lang­rik­ste rol­le nóg – om God se bood­skap te ver­kon­dig en om al­mal te her­in­ner dat jy God no­dig het om jou gees­te­li­ke dors te les.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.