Fa­ce­book

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Nou die dag sien ek toe net die Kui­er op die rak by die till, be­taal en loop. By die huis ge­kom, sien ek ek het nou twee uit­ga­wes van 24 Fe­bru­a­rie! Ek het van­dag die nuut­ste een ge­koop en be­gin mos al­tyd van ag­ter af lees. Ek het so

s­naaks ge­kry vir Glo­di­na (Wat die hart van vol is, 9 Maart 2016). Dit laat my som­mer te­rug­dink aan toe my nig­gie in Ja­nu­a­rie be­gra­we was. Dit was baie warm op Ce­res en my Glo­di­na was klam teen my nek. Toe vra een van die ou­er fa­mi­lie­le­de: “Haai, is jy dan ook al op die was­lap­pie?” En ek lag my kla! MERILIZE S­WA­NE­POEL

Kui­er raak net be­ter en be­ter en ek is heel­te­maal ver­slaaf. “Wat die hart van vol is,” (9 Maart 2016) het ek baie ge­niet. Dit was as­of Wen­dy An­tho­nie van my praat, want kyk ek kan ook nê­rens son­der my Glo­di­na-was­lap gaan nie. Ma­ke-up is heel­te­mal ta­boe vir my en ek moet maar te­vre­de wees met net ’n bie­tjie lip­stif­fie. Ek is dank­baar dat daar nog men­se soos ek is. Ek voel som­mer nou be­ter. Dan­kie Kui­er.

CECLIA J. S­CHEE­PERS

Men­se, va­nog­gend was ek so raad­op oor kos­maak en dink toe “wat gaan ons van­aand eet”. Ek sit en blaai toe deur my re­sep­te­boe­ke, maar kry nie juis iets wat ek wil maak nie. Ek kom toe af op die Kui­erCom­bo van 2013 met re­sep­te van Pyn­ap­pel-rys­slaai en Ma­yon­nai­se-hoen­der en be­sluit om dit te maak. Mens, maar het ek vir jou kom­pli­men­te ge­kry! My kin­ders het vir se­conds ge­vra en my buur­vrou het ook ’n bord ge­kry en nou soek sy die re­sep. Baie dan­kie Kui­er- span dat jul­le weer­eens tot my red­ding ge­kom het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.