Hal­lo Kui­er­men­se

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Ek is nog­al trots op hier­die Paas­fees­uit­ga­we, want dit bied reg­tig iets vir al­mal. Dis een van daai tyd­skrif­te wat net ge­deel móét word. As jy by­voor­beeld ie­mand in jou le­we het wat dreig om moed te ver­loor om­dat hul­le deur diep wa­ters gaan, is Za­ne Me­as se sto­rie vir hul­le. En praat nou van ’n lig aan die ein­de van ’n baie don­ker ton­nel, dan is dit die sto­rie van die S­mith-twee­ling. Vir my was die sto­rie van die nu­we sui­ker­be­las­ting ook be­son­der leer­saam, want ek is self een wat al­tyd ’n blik­kie (koel­drank) by­der­hand het as din­ge ’n bie­tjie rof raak.

Op ’n bit­ter noot . . . Ver­le­de maand het mi­nis­ter Gord­han sy be­gro­tings­re­de ge­gee en se­dert­dien is ek ’n bie­tjie be­noud, want dit be­te­ken die tyd het ook vir my aan­ge­breek om die jaar­lik­se prys­ver­ho­gings vir Kui­er aan te kon­dig. On­ge­luk­kig het ons nie ’n keu­se nie – o­ral waar jy kyk, styg pry­se en Kui­er gaan nie oor­leef as ons nie by­bly nie. Ons het eg­ter klip­hard ge­werk om te sorg dat die ver­ho­ging nie ons le­sers se sak­ke uit­me­kaar s­keur nie en dis reg­tig die min­ste waar­mee ons kan weg­kom. Van­af die vol­gen­de uit­ga­we (6 A­pril 2016) styg

Kui­er se prys met R1 tot R13,50 (N$16 in Na­mi­bië) en jou spe­si­a­le uit­ga­wes (Com­bo’s en CD-uit­ga­wes) gaan van­jaar R21 kos. Die span bly eg­ter vas­be­slo­te om vir ons le­sers die bes­te lees­stof teen die bes­te prys te bring en ons hoop jul­le sal aan­hou om ons te on­der­steun .

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.