Heil­sa­me hoen­der­dis­se wat jou ge­sin se mon­de sal laat wa­ter

Hoen­der is i­de­aal wan­neer jy vir ’n groot ge­sin moet kook, want jy kan baie ver kom daar­mee en dit is baie veel­sy­dig!

Kuier - - Inhoud - Deur Ka­ren Hart

KWEPERHOENDER

Ge­noeg vir 4

BESTANDDELE

8 – 12 hoen­der­stuk­ke 1 groot kwe­per Ge­ras­per­de skil en sap van 1 suur­le­moen 3 eet­le­pels bot­ter 3 eet­le­pels o­lie 3 groot uie, fyn­ge­kap 3 knof­fel­toon­tjies, ge­kneus en fyn­ge­kap 1 x 3 cm knoets vars gem­mer, ge­skil en fyn­ge­kap (of ge­ras­per) 1 ka­neel­stok­kie 1 eet­le­pel heu­ning 1 tee­le­pel fyn ko­myn ½ tee­le­pel bor­rie ½ kop­pie hoen­der­af­trek­sel Sout en vars­ge­maal­de wit­pe­per na smaak

METODE

Hal­veer die kwe­per en verf die oop kant met ’n bie­tjie suur­le­moen­sap. Stoom vir 25 – 30 mi­nu­te tot net-net sag. Laat een­kant om af te koel en sny dan in sky­we. Ver­wy­der die skil en stronk. Ver­hit die bot­ter en o­lie in ’n groot swaar­boom­pot en ver­bruin die hoen­der­stuk­ke in sar­sies daar­in. Haal die hoen­der uit en hou een­kant. Braai die ui in die­self­de pot tot sag en deur-sky­nend. Voeg die knof­fel en gem­mer by en braai nog vir ’n paar mi­nu­te. Voeg die ka­neel­stok­kie en ko­myn by en braai vir nog ’n mi­nuut of twee. Plaas die hoen­der­stuk­ke te­rug in die pot, voeg die heu­ning, suur­le­moen­skil en -sap en bor­rie by. Roer die af­trek­sel by en geur met sout en pe­per. Rang­skik die kwe­per­stuk­ke tus­sen­in. Laat vir on­ge­veer 30 mi­nu­te prut. Skep in ’n oond­vas­te bak. Sorg dat die hoen­der­stuk­ke met die vel­kant na bo is en plaas die bak so on­be­dek in ’n voor­ver­hit­te oond van 200°C vir 30 mi­nu­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.