Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Kuierhoekie -

Jy kan nie help om deur die he­le spek­trum van e­mo­sies te gaan wan­neer jy hier­die uit­ga­we lees nie. Eers gaan jy net so lek­ker saam­lag vir al Marc Lot­te­ring se kwink­slae (en hy het baie!) en wat jou by­bly, is hoe hy die le­we met al­bei han­de aan­gryp en el­ke oom­blik vol­uit ge­niet.

Maar dan word jy in ’n oog­wink met die Wa­re Lewensdrama na ’n an­der ui­ter­ste ge­vat – diep hart­seer en skok. Dit kan ook nie an­ders nie, want hoe moet jy dan nou re­a­geer as ’n jong skool­mei­sie wat nog nie eens die fleur van haar le­we ge­smaak het nie, op so ’n wre­de ma­nier van haar fa­mi­lie en vrien­de weg­ge­ruk word?

Ag­ter die skerms er­vaar die Kui­er- s­pan die­self­de reeks e­mo­sies en dis al­tyd op sy sterk­ste wan­neer kin­ders seer­kry. Die s­pan wat uit was om die sto­rie in die Paarl te doen, was diep ge­raak deur wat met S­ha­mo­ni­que Claasen ge­beur het, maar hul­le het ook kom ver­tel van ’n ge­meen­skap wat te mid­de van die hart­seer, me­kaar in hier­die don­ker tyd on­der­steun. Ons dink aan jul­le in die Paarl en ve­ral S­ha­mo­ni­que se klas­maats.

El­ke hon­de-ei­e­naar moet ook die sto­rie lees oor wat die wet sê oor jou ver­ant­woor­de­lik­he­de as jou hond ie­mand op jou erf byt. Men­se het nog­al sterk me­nings hier­oor en dis te ver­sta­ne, maar sorg dat jy weet wat is reg en ver­keerd.

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.