Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Le­sers vra my ge­reeld waar kry ons ons sto­ries en on­ge­luk­kig kan ek nooit ’n stan­daard of een­vou­di­ge ant­woord gee nie, want daar is een­vou­dig nie een nie. Ons moet hard gaan soek vir ons sto­ries om te sorg dat ons al­tyd u­nie­ke in­houd vir ons le­sers gee.

Daar kom ook ’n be­nou­de oom­blik met el­ke uit­ga­we waar ek won­der of ons die reg­te in­spi­ra­sie­sto­ries gaan kry. En dis glad nie ’n mak­li­ke saak nie, want

Kui­er- le­sers se stan­daard is baie hoog. Hul­le soek ge­hal­te­lees­stof wat die toets van die tyd gaan deur­staan. Dis wat ek vir die span sê: ’n Kui­er- in­spi­ra­sie­sto­rie is een wat jou al­tyd aan­gryp, waar­uit jy al­tyd iets kan leer én wat jy maan­de of selfs ja­re la­ter kan lees son­der dat dit e­ni­ge im­pak ver­loor het.

En al tel ons ook ’n i­dee in ’n an­der tyd­skrif of koe­rant op, moet dit nog die

Kui­er- be­han­de­ling kry en dit be­te­ken ons moet hart en siel be­trok­ke raak, want dis die soort men­se wat ons is.

In hier­die uit­ga­we kom die sto­ries van o­ral. Die In die Nuus oor die pro­ble­me met Metrorail kon g’n Ka­pe­naar mis nie, want dis al waar­oor al­mal ge­praat het en het ons al­mal ge­raak. Die hart­ver­skeu­ren­de Wa­re Lewensdrama moes ons net deel, want g’n mens kan on­aan­ge­raak bly daar­deur nie. En die in­spi­ra­sie­sto­ries? My tyd by Kui­er het my ge­leer, ons het ho­pe hel­de in ons ge­meen­skap en as ons fyn ge­noeg kyk en luis­ter, sal hul­le te voor­skyn kom. Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.