Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Kuierhoekie -

Ek lees Zai­da Swart se ru­briek vir“Wat die hart van vol is”en on­wil­le­keu­rig gaan my ge­dag­tes te­rug na my jeug­dae en al die be­slui­te wat ek des­tyds ge­maak het wat my le­we on­her­roep­lik sou ver­an­der. Maar hoe min het ek nie des­tyds ge­weet nie en ek het be­slis nie des­tyds 20 jaar vo­ren­toe ge­dink oor die ge­vol­ge van my keu­ses nie. En dis eers nou dat die woor­de van die teks­vers op my aan­neem-koek reg­tig sin be­gin maak:“Waar­mee sal die jon­ge­ling sy pad sui­wer hou?”

My ge­dag­tes bly by jon­ge­lin­ge en die be­slui­te wat ’n mens se le­we on­her­roep­lik ver­an­der, en ek kan nie help om aan Ni­gel Plaat­jies te dink wat in ver­band met die moord op die skry­wer Win­nie Rust in heg­te­nis ge­neem is nie. Nie­mand kan ver­klaar pre­sies wat ge­beur het en hoe hier­die be­lo­wen­de jong man wat sy by­ge­staan het, nou daar­van ver­dink word dat hy ’n aan­deel in die mis­daad ge­had het nie.

Daar is tal­le ter­gen­de vrae en die saak moet nog sy be­loop neem, maar dit lyk of hy ook ’n jong man was wat ’n keu­se moes maak en of daar­die keu­se hom (en al die be­trok­ke­nes) dalk nog duur te staan gaan kom. Ons hoop die vol­le waar­heid kom uit en wat dit ook­al is, dat dit be­rus­ting bring vir die be­trok­ke par­tye. Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.