FACEBOOK

Baie dan­kie aan Kui­er wat Moedersdag so ek­stra spe­si­aal ge­maak het vir my. Ek het die lek­ker­ste tyd ge­had saam met die Suid­oos­ter- ster­re en om al­les te kroon, het ek ’n ta­blet ge­wen! HE­AT­HER SIAS

Kuier - - Kuierhoekie -

Baie dan­kie Kui­er vir ’n won­der­li­ke lief­de­vol­le Moedersdag! Ek glo jul­le het die 400 of meer moe­ders wat daar was se dag heel be­son­ders ge­maak. Dit was nou ’n ont­ver­geet­li­ke dag! Al­les was uit die boon­ste rak­ke! Baie dan­kie aan die Kui­er- span vir jul har­de werk. Mag God jul­le ryk­lik se­ën. Lek­ker styf­we druk­kies vir elk­een van jul­le. LE­TI­TIA POOLE

Dui­sen­de dan­kies aan die Kui­er- span vir ’n on­ver­geet­li­ke funk­sie. Die Moe­ders­dag­bood­skap sal ons al­mal by­bly. Dan­kie aan al die kuns­te­naars wat ons ver­maak het, as­ook al die bor­ge vir ’n suk­ses­vol­le funk­sie by die prag­ti­ge Kro­nen­burg-land­goed: A­lis­tair I­so­bel, Xa­vier, E­dith Plaai­tjies, 3 Tons of Fun, L­le­wel­lyn Eras­mus, en die Suid­oos

ter- ster­re, Vo­da­com, Re­vlon, M­cCain en Na­ma­qua. C­HAR­LE­NE CROWLEY Ons het on­langs dié vraag op Facebook ge­vra: Kan ’n mens weer vrien­de wees met ie­mand wat jou in die rug ge­steek het? Hier is van die le­sers se ant­woor­de:

Hoe ver­trou jy so ene weer? Dis ’n ri­si­ko om met so ie­mand be­vriend te wees. Kyk eers na die re­de vir die rug­ste­ke­ry. As dit ja­loe­sie was, kan jy maar die vriend­skap koe­baai sê. Want daar­die ja­loer­se mens gaan al­tyd op jou af­guns­tig wees. A­LET­TA STANDER

Die vriend­skap sal nooit weer die­self­de wees nie, dis soos ’n glas wat ge­breek het en jy glue dit weer by­me­kaar; die glas sal weer reg wees, maar die merk sal daar bly. So ek ver­geet lie­wer van die rug­ste­ker en gaan aan met my le­we son­der die rug­ste­ker, want dit sal al­tyd in my ag­ter­kop bly. ANNALITA HENDRIKS

Die le­we gaan aan en din­ge ge­beur met ’n doel. Hoe­veel keer het ons nie die He­re al in die rug ge­steek nie? Ons vra ver­gif­nis en ons ver­wag ver­gif­nis. P­HIL­DA POP WINSTER

Dit is so mak­lik om jam­mer te sê of ek ver­ge­we jou, maar om die daad by te voeg is nie mak­lik nie. So nee, ek glo nie, want ons as mens sal maar al­tyd won­der. S­HA­LEEN LOTTERING

Ek sal sê ja, want die By­bel leer ons ons moet me­kaar ver­ge­we soos God ons daag­liks ver­ge­we. Dit sal tyd vat om weer te ver­trou, maar ons moet. MUSTAPHA SOLOMONS

Ja, de­fi­ni­tief. Op een of an­der ma­nier doen elk­een dit son­der dat sy be­wus is daar­van. Dit vat tyd om oor die te­leur­stel­ling te kom. Maar dit is hoe ons leer, groei en ver­an­der. Vriend­skap­pe het ne­ga­tie­we tyd ook no­dig, want so leer ons me­kaar ken en ver­staan. Ek my­self is al so­veel keer in die rug ge­steek, maar tyd het my ge­leer dat lief­de se­ë­vier. C­HAR­MAI­NE JOHN­SON

Nee, al wil jy hoe graag. Jy sal al­tyd won­der. Die bes­te is om in vre­de te le­we, maar ver­my me­kaar, want die le­we is te kort. MILY DU TOIT

Mis­kien, maar on­ce bit­ten twi­ce shy. Ver­al as dit ie­mand is wat jy jou he­le hart mee ge­deel het. MA­RI­AAN S­MIT SMUTS

Ver­ge­we en ver­geet, want ons móét as Chris­te­ne. Maar hul­le hoef nie in jou le­we te wees nie. GER­DA O­LI­VIER

Nooit! Gooi daai ou skoe­ne in die drom en los dit daar. Ek het dit al pro­beer. Dit werk nie. MARILYN DE BRUYN

Ek glo as jy on­baat­sug­ti­ge lief­de het vir jou me­de­mens en vir God, sal jy on­voor­waar­de­lik ver­ge­we. Die le­we is te kort om nog ne­ga­ti­wi­teit saam met jou te moet dra. SALMAH POMMER HAINES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.