SMS

Kuier - - Kuierhoekie -

Wow! Dan­kie vir jul raad met a­syn en koek­so­da. Wat nog te sê van jul re­sep­te? Jul­le is fan­tas­ties! Hou so aan met die tyd­skrif. God se­ën jul­le. MARIE JOHNSON, NEWDAWNPARK

Diep dank­baar dat ons nou die blok­kies­raai­sels per SMS kan in­stuur. B­link ge­dag­te, baie dan­kie! RIA LUDICK, MODIMOLLE

Mag die Va­der Win­nie en Ni­gel se ge­sin­ne die krag en vre­de bring met hul hart­seer (So­veel smart en vrae, 1 Ju­nie 2016). Sterk­te vir al­mal. Ons bid vir jul­le. En aan Ant Bet­ty en Joseph (Her­e­nig ná 64 jaar,

1 Ju­nie 2016), won­der­wer­ke ge­beur nog el­ke dag. Mag jul­le geseënd wees. MAGRIETA BOOYSEN, WIT­BANK

Dis baie tra­gies. My hart gaan uit vir An­de­li­ne Plaat­jies (So­veel smart en vrae,

1 Ju­nie 2016). Haar oë is rooi ge­huil en haar hart stuk­kend. Hoe gaan sy ooit hulp kry om haar kind se on­skuld te be­wys? Ek kan net bid vir haar en ook vir Win­nie se fa­mi­lie. HANNETJIE GAWLER, DANABAAI

Ek is so bly vir Ant Bet­ty en Joseph dat hul­le me­kaar be­tyds ge­vind het (Her­e­nig ná 64 jaar, 1

Ju­nie 2016). En ook dat hy son­der ver­wy­te sy ma aan­vaar het en dank­baar is teen­oor sy oor­le­de aan­ge­no­me ou­ers. Dis an­ders as my aan­ge­no­me seun wie nie sy bi­o­lo­gie­se men­se kan op­spoor nie en met baie din­ge wroeg ná sy aan­neem­pa se dood. Mag die ja­re wat jul­le saam oor­het, vreug­de­vol wees. MERCIA BERG, WORCESTER Waar ek hier on­der die blou he­mel sit met die Kui­er op my skoot, kan ek die tra­ne nie keer nie (So­veel smart en vrae, 1 Ju­nie 2016). An­de­li­ne, ek as ’n ma met ook ’n prag­ti­ge seun, kan net bid vir jou! Sterk­te aan Win­nie se fa­mi­lie. Dis seer, baie seer. BAR­BA­RA, KRU­GERS­DORP

Ai, hoe hart­roe­rend en met ’n hap­py en­ding (Her­e­nig ná 64 jaar, 1 Ju­nie 2016). Dan ver­lang ek weer van voor af na my broer wat vir 40 jaar al weg is. EVA GOLIATH, OUDTSHOORN

Ek be­gin da­de­lik bid en vra dat die He­re my seun, as hy nog le­we, na my toe sal stuur. So nou wag ek, bid ek, glo en ver­trou ek op Hom. Ek het nou lek­ker saam met Ant Bet­ty ge­huil (So­veel smart en vrae,

1 Ju­nie 2016) en ek glo ek gaan my kind ook nog kry. RINA FOOT, PAARL

Rust-moord: My hart gaan uit na bei­de fa­mi­lies ( So­veel smart en vrae, 1 Ju­nie 2016). An­de­li­ne, jy ken jou kind die bes­te. Dalk was hy net op die ver­keer­de tyd, op die ver­keer­de plek? As ons oor­deel, is God nie meer in be­heer nie. Sterk­te aan jul­le al­mal. LYDIA MOUTON, P­RE­TO­RIA

Ai, so­veel tra­ne vir ’n ou­ma in“Her­e­nig ná 64 jaar”(1 Ju­nie 2016). My klein­kind het vir ’n na­week gaan kui­er, maar die pa be­weer die kind be­hoort by hom. Ek huil en bid my nag­te om. ’N HARTSVERLANGE OU­MA, BOTTLARY

Dan­kie Jan Da­niels vir jou hart­sto­rie (Wat die hart van vol is, 18 Mei 2016). Ek het dit ge­niet, want ek dink as ’n mens oud word, kan jy jou nie mak­lik tuis­maak op ’n an­der plek nie. Dit is soos jy sê: Eie haard is goud waard. Baie dan­kie vir die goeie lees­stof. LOUISA SCHEEPERS, MONTAGU

Ek is so dank­baar vir die Kui­er-tyd­skrif, net om­dat ek so baie in­spi­ra­sie vind deur an­der se er­va­rings. Ek het baie in­ge­neem met som­mi­ge ar­ti­kels. Dis meest­al per­soon­li­ke er­va­rings wat ek al self deur­ge­maak het en nog­steeds deur­maak. Ek sê dan­kie vir jul­le as die Kui­er- span vir die moei­te, y­wer en lief­de waar­mee jul­le die taak aan­pak om ons te voed met dié tyd­skrif. T­hank­ful and bles­sed! LEATITIA WIL­LEM­SE, KEIMOES

Ek koop Kui­er as ek ’n mee­val­ler­tjie kry, soos nou. Lek­ker kui­er ek dan. Kan ons pen­si­oe­na­ris­se nie ook mo­des en gri­me­ring­wen­ke kry nie? CYNTHIA ROSS, P­RE­TO­RIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.