Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Kuierhoekie -

Ek kan nie ’n Va­ders­dag­uit­ga­we doen son­der om aan al die va­der­fi­gu­re in my le­we te dink nie. Daar is ’n bi­o­lo­gie­se pa, stief­pa, men­tor en na­tuur­lik ou­pa. Elk­een het son­der twy­fel ’n groot in­druk op my ge­laat, maar as ek van“Pa”praat, dan ver­wys ek al­tyd na my ou­pa. Dis se­ker daar­om dat ek die ar­ti­kel oor al­ter­na­tie­we va­der­fi­gu­re (bl. 46) waar­in Je­von en ou­pa Jo­han­nes se sto­rie ver­tel word, met tra­ne in my oë ge­lees het. Ek het die woor­de op die blad ge­lees, maar die prent­jies in my kop was van ’n an­der ou­pa en sy kroes­kop-klein­kind wat saam hul boe­ke ge­lees, bi­bli­o­teek toe ge­stap of kaar­te ge­speel het. Ek was ook“sy kind”en hy was my held wat my teen die wre­de wê­reld be­skerm het. My ou­pa is nou al twin­tig jaar weg en hy het nooit die vrug­te van sy har­de werk ge­pluk nie. Hy het my nooit ge­sien graad vang nie, al was hy al­tyd die een wat die be­lang­rik­heid van op­voe­ding bin­ne en bui­te die skool be­na­druk het. Ek dink hy sou trots wees op wat ek in die le­we be­reik het. En ek dink tog ook hy sou Kui­er ge­lees het (al was hy nie so gaan­de daar­oor om in A­fri­kaans te lees nie, want sy guns­te­ling-boe­ke was We­sterns). So hier­die uit­ga­we dra ek op aan my“Pa”, Hen­ry Ge­rald van Dyk, nie bi­o­lo­gies nie, maar in el­ke an­der sin van die woord. Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.