Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Ek weet nie of dit my ver­beel­ding of die ou­der­dom is nie, maar dit smaak my ek lees al hoe lek­ker­der aan elke uit­ga­we. Dalk is dit net om­dat ek hier werk en elke sto­rie my so per­soon­lik aan­raak, maar ek het weer so baie ge­voel én ge­leer én ge­lus (vir die kos!) in hier­die uit­ga­we!

Die Ware Lewensdrama (blad­sy 12) is werk­lik aan­gry­pen­de lees­stof en dis nie net ou­ers wat saam Vi­vien­ne Cum­mings die e­mo­si­o­ne­le wip­plank gaan ry nie. Dit is so ’n hart­seer sto­rie en jy kan nie an­ders as om vir elk­een in daar­die gesin te voel nie. Ons han­de is af­ge­kap, maar nie God s’n nie, kom ons bly bid­dend vir hul­le.

Maar net wan­neer jy stuk­kend ge­lees is, tel Jo­han­nes Ju­mat (blad­sy 18) se in­spi­ra­sie­sto­rie jou weer op en wys jou dat al­les werk­lik moont­lik is met har­de werk, ge­loof en ’n hel­pen­de hand.

Die ein­de van die vas­tyd word ook nou deur ons Mos­lem-le­sers ge­vier en ons wens jul­le Eid Mu­ba­rak toe. Dit gee ons som­mer die ge­leent­heid om meer van jul kul­tuur te leer, so moe­nie Ka­ren se heer­li­ke re­sep­te mis nie. Wat­ter o­pen­ba­ring was die sto­rie oor Isla­mi­tie­se bank­we­se (blad­sy 50) ook nie. Ek het glad nie eens ge­weet dit be­staan nie!

Dan is dit ook tyd vir my jaar­lik­se va­kan­sie. Ek gaan my Kui­er- fa­mi­lie ver­skrik­lik mis, maar ek laat jul­le in die baie be­kwa­me han­de van ons as­sis­tent­re­dak­teur, Ray­len­tia Sim­mons.

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.