Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - KUIERHOEKIE -

S­joe, maar die jaar vlieg om­trent! Dit voel nog soos die an­der dag wat ons ons Moe­ders­dag­funk­sie ge­hou het, nou is dit al­weer tyd vir Pienk Plesier.

Ons het al baie na­vrae ge­kry oor vroue wat wil weet wan­neer ons die funk­sie gaan hou en ons het som­mer baie goeie nuus, want in hier­die uit­ga­we kan jy al die in­lig­ting kry oor Pienk Plesier (bl. 38).

Die te­ma,“Mas­ke­ra­de Pa­ra­de”, maak my ook som­mer baie op­ge­won­de, want ek wéét hier­die keer gaan vroue weer hul­self oor­tref met hul kre­a­ti­wi­teit.

En so ge­praat van ons vroue-ge­leent­heid, Au­gus­tus lê reeds vir ons en loer. Daar is dus geen re­de hoe­kom ons nie kan ver­tel van al die merk­waar­di­ge vroue in Kui­er- land nie.

Só wys dr. Ro­nal­da Ben­ja­min (bl.18) vir ons dat vroue vir g’n man hoef te­rug te staan nie, want dié s­lim­kop blink uit in wiskunde en sy wil nog som­mer baie be­reik.

En ons voor­blad­ge­sig vir hier­die uit­ga­we, Vi­net­te E­bra­him, hét dit nou maar net een­maal. Sy vier vrou­wees (bl. 8) deur haar dog­ters be­lang­ri­ke le­wens­les­se te leer, soos om al­tyd weer op te staan, al maak hul­le fou­te. Want kom ons wees nou eer­lik, wie van ons maak nie fou­te nie? So kom ons tel ons kop­pe op en pro­beer weer, maak nie saak wat in ons lewe skeef­loop nie. Lek­ker lees aan al ons sto­ries. Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.