FA­CE­BOOK

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Ai, ek kan nie help om te tjank nie! Dis reg­tig ’n tra­ge­die (Familie uit­ge­wis, 13 Ju­lie 2016). My hart gaan uit na die res van die familie. Mag God jul­le dra in hier­die moei­li­ke tyd. Ek hou die familie in my ge­be­de. JC VAN NEEL Ek het A­fri­kaans groot­ge­word en toe ont­moet ek my kê­rel, wat nou my man is, en moes toe be­gin En­gels praat. Dan­kie Kui­er wat my nou weer A­fri­kaans laat lees en praat. Ek sien baie uit na el­ke uit­ga­we. SU­ZAN­NE DEN­NIS Ons het die vol­gen­de vrae op Fa­ce­book ge­vra: Het jy na­we­ke ge­werk toe jy nog op skool was? Was dit vir jou vir sak­geld of moes jou pay af­gee om jou ou­ers met die huis­hou­ding te help?

Ja, ek het. En ook al­bei my kin­ders het vir hul eie sak­geld ge­werk. Ons was nie in ’n po­si­sie om vir hul­le sak­geld te gee nie. Dit het net van hul­le be­ter men­se ge­maak. Hul­le be­sef mens moet werk vir wat jy in die lewe wil hê en was nie so be­voor­reg soos som­mi­ge kin­ders wie net al­les van hul ou­ers ont­vang nie. MAUREEN JANSEN VAN RENSBURG

Wow, dis ’n to­pic so na my hart. Ek het oor na­we­ke en skool­va­kan­sies vir my sak­geld ge­werk. Nie om­dat my ou­ers dit van my ver­wag het nie, maar ek het dit ge­niet om my eie geld te hê. Ek was die e­nig­ste kind en my ou­ers het my ge­leer al­les kom nie ver­niet nie. Dit was al­tyd ’n plesier om my eie kle­re en goed te koop; met my eie geld. En ek het ook al­tyd ook my ou­ers se har­te ge­steel met ge­sken­ke. Ek is nie van­dag spyt ek het so vroeg gaan werk nie. MARELIZA ALBANIE

Ek het skool­va­kan­sies ge­werk van std. 7 (gr. 9) en moes my geld net so af­gee. Ek het net trein­fa­re vir ’n week­ly ge­kry en moes te­vre­de wees daar­mee. My ou­ers was baie streng en ons het nooit sak­geld ge­kry nie, maar ons het al­tyd kos, kle­re en ’n dak oor ons kop ge­had. DESIREE JOHNSON

Ek het na­we­ke vir R7 ’n dag in ’n Jood­se-kle­re­win­kel ge­werk toe ek in std. 7 (gr. 9) was. R5 van daai geld­jies het ek vir my ma ge­gee. Ek het my ga­te uit ge­niet en baie ryk ge­voel met daai R2 in my sak. En die lek­ker ge­voel wan­neer ek die geld vir my ma gee, kan met geen an­der ge­voel ver­ge­lyk word nie. My ma het ons van jongs af ge­leer hoe om en­tre­pre­neurs te wees en om te spaar. MELANIE KRAMER

Nee, my ou­ers het nie toe­ge­laat dat ek werk nie. En so het ek dit ook op my kin­ders toe­ge­pas; hul­le was ook nie toe­ge­laat om te werk nie. SUSANNA KRUGER

Ek het ge­werk vir sak­geld, maar was tog ’n leer­skool vir die ar­beids­mark. Dis jam­mer dat van­dag se kin­ders so laks groot­word. E­LI­ZA­BETH SOPHIE VERNONI Het jou troe­tel­die­re e­ni­ge snaak­se na­me? Hoe het jy by dié naam uit­ge­kom?

Ons het die prag­tig­ste hus­ky ge­had en sy naam was Bos­luis. Want toe ons hom kry, was hy vol bos­lui­se. Hy was skoon­ge­maak, maar die naam het ge­stuck. GAIL BARON

My hond­jie se naam was S­nuf­fels. Hy was te kos­te­lik, want hy het al­tyd my slip­pers uit­ge­snuf om op te lê. MARGARETH VILANDER

Ons het ’n kat ge­had met die naam Jon­ty, want hy het graag bal ge­speel. En twee swart kat­te: Bo­vril en Mar­mi­te. MARINA VISSER

My hond het my kar se naam, Elan­tra. Ek is net so erg oor my kar soos ek is oor haar is. My man se hond se naam is Crui­ser en sy is na sy 4x4 ver­noem. TOY HANCKE

Ons troe­tel­dier se naam was Pooi­tjies, want hy het siek ge­word toe hy maar net ’n paar dae oud was. As ge­volg daar­van, kon hy nie reg loop nie en dis toe dat ons hom so noem. Dit was ook mak­lik om hom tus­sen die an­der 11 wat ook ge­bo­re was, uit te ken. JOY WITBOOI

Ons het ’n Mi­ni Pin­cher ge­red van ’n on­se­ker toe­koms. Sy wou eers niks eet nie, maar ná ’n be­soek aan die vee­arts en al die me­di­sy­ne wat sy daar ge­kry het, het sy al­le kos voor haar in­ge­wurm. Toe word sy Wurm­pie. RUELDA VILJOEN

Ek bly nou in die bui­te­land en mis uit op Kui­er. Die laas­te een wat ek ge­koop het, het ek saam­ge­bring en lees dit oor en oor. Dan­kie Kui­er! EDWINA MOSEBACH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.