Kuier

FACEBOOK

-

Ek sit en lees my Kuier en die artikel “Meer as net ’n kopseer” (27 Julie 2016), trek dadelik my aandag. Dit voel asof ek self in daardie artikel is, so akkuraat is my simptome. Dit is my storie, want een keer per maand sit ek met daai probleem. Ek vrees altyd vir wanneer dit gaan gebeur. Die kliniek gee vir my medikasie vir bloeddruk, maar dis nie die probleem nie. Nou kry ek ’n mengsel van migraine-pille by die apteek wat tans help, maar waarvoor ek self moet betaal. Mense ken nie die verskil tussen ’n hoofpyn en ’n migraine nie en weet nie hoe dit jou daaglikse lewe affekteer nie. Dankie Kuier vir die artikel. MAGRIETA MARTIENS

My hart breek vir die storie“Ma se hart in stukke”( 27 Julie 2016). Hoe hanteer ’n ma die verlies van twee kinders? Die storie van die jong dame ( Sy’s slim in somme, 27 Julie 2016) is net so inspireren­d. Mag al haar drome waar word. Mooi stories in die uitgawe. Dankie Kuier vir ’n lekker tydskrif. MICHELLE FORTUNE

Kuier, baie baie dankie vir kaartjies na die Tevin Campbell-konsert wat onlangs by GrandWest gehou was. Dit was ’n fantasties­e aand en ek en my suster Elizabeth-Ann het ons gate uit geniet. Weereens baie dankie. Nou weet julle waar om my te kry as julle next time weer konsert-kaartjies weggee, lol. GRACE SASS

Wow! Dis nou vir jou ’n vrou ver bo haar ”krale” (’n Ware moederhen, 27 Julie 2016). ’n Vrou met soveel deernis en integritei­t. Sjoe! Sy is pragtig van binne en buite. HENNA EWERTS

Vinette, ek wil net vir jou sê jy is ’n pragtige en vriendelik­e mens (’n Ware moederhen, 27 Julie 2016). Ek is mal oor jou en jy is vir my ’n groot inspirasie. HELENA OLIVIER

Kuier is tops! Twee weke is hopeloos te lank om te wag. Doen vir ons ietsie oor Ivor Price, toe? Please, please? Sy stem is to die for! MEV. THERON, OOS-KAAP

Ons het die volgende vrae op Facebook gevra: Het jou ma ook vir jou al ’n poncho of reënjas met ’n swartsak gemaak as dit reën?

Ek lag nou so lekker! My kind het een oggend daaroor gehuil omdat sy dit moes aantrek. Ek het haar toe maar probeer paai. Maar toe ons loop en rondom ons kyk, sien sy ons dat sy nie al een is nie. JOHNNA KRIEL

Nou wat ek dit lees, laat dit my sommer terugdink. Ek het ver skool toe geloop en in die winter wanneer dit so reën, dan try ek my ouers se arm draai om by die huis te bly, maar dank die Vader vir ouers soos myne. Hulle het my sommer met twee swartsakke bedek. Dan is my wangetjies pienk, my lippe pers en my handjies dood, maar skool toe moes ek gaan. Dan kom ek by die skool en is maar een van twee of drie kinders in die klas wat opgedaag het. Maar my swartsakke het my baie gehelp. MARELIZE ALBANIE

Maar natuurlik, ja! In daardie jare (1980’s) was geld maar skaars en swartsakke is vir als gebruik. Daai tyd het die mense nog vir mekaar omgegee, maak nie saak wie se kind jy was nie. Nou nog, as my seun soggens kollege toe gaan en dit reën, knoop ek ’n swartsak om sy rugsak. JACQUELINE ADAMS

Watter ou Afrikaanse TV-reeks sal jy graag weer wil kyk en hoekom?

Julle sal my nou nie glo nie, maar ek kyk nou vir Heidi. Toe my kinders dit destyds gekyk het, was ek by die werk. Nou werk hulle en ek is afgetree en nou kyk ek in die middae vir Heidi. RIANA GILIOMEE

Agter elke man! Te lekker vir ‘An Stienie-hulle. En Ballade vir ’n enkeling, veral om daai mooi Afrikaanse songs saam te sing. Ek en my broer sing dit nou nog saam, veral as hy so lekker deur die blare is, haha. SURICA JULIES

Ek sal graag weer vir Hett van verlangekr­aal, Trompie, Fiela se kind, Heidi, Niels

Holgerson wil kyk. Dit laat my terugdink aan my kinderdae, toe kinders nog kinders was. ROCHELLE ROSS Ek kyk saam my met my kinders vir Heidi, die movie en reeks. So ook Haasdas se nuuskas, Dawie die kabouter en Storiehuis. Dit was goeie TV-vermaak. ZELDA VREY

Lekker Afrikaanse stories soos Vetkoekpal­eis, Orknie snork nie, Agter elke man en ook Afrikaanse kinderstor­ies. SHIRLEY VRIES BROOKS

Ek raak so vies! Hier by ons kry ek net once in a while die Kuier. Die rakke bly vol ander tydskrifte wat nooit opraak nie en die Kuier toepak! LISA BARNES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa