Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Kuierhoekie -

Yster­vroue. Su­per­vroue. Maak nie saak wat jy daar­aan kop­pel nie – daar is een ding wat soos ’n paal bo wa­ter staan. Hul­le is VROUE. Ge­vorm deur hul waar­des, ge­lou­ter deur die le­we, tot waar hul­le van­dag sterk en trots op hul voe­te staan. En in hier­die uit­ga­we deel ons al hul sto­ries.

Ek li­ke dié uit­ga­we som­mer baie. Nie dat al die an­der Kui­ers voor­heen nie ook hul eie tref­krag ge­had het nie. Trou­ens, elke lie­we Kui­er wat nog ooit ver­skyn het, lê my baie na aan die hart. Ek hou van hier­die uit­ga­we om­dat dit vroue vier wat die hoog­ste sport be­reik het én ook dié wat nog hard werk aan hul dro­me. Elke dag staan hul­le op – ge­reed om nóg ’n dag aan te vat – maak nie saak wat­ter te­rug­slae hul­le ge­had het nie.

En wat­ter be­ter voor­beeld as die O­pen­ba­re Be­sker­mer, T­hu­li Ma­don­se­la? Haar diep les­se wat sy met ons deel (bl. 14), spreek van in­te­gri­teit en on­ge­loof­li­ke krag. Só ook wys ons voor­blad­trio Jo-Ann S­trauss, Mishka Pa­tel en Me­lin­da Bam dat daar wel so iets be­staan soos beau­ty met breins. En lees ge­rus die gees­te­li­ke boodskap wat Mer­cia Ja­cobs ge­skryf het (bl. 8), want dis waar­lik pit­kos wat tot elke vrou sal spreek. Dan wil ek ook net hul­de bring aan

Kui­er se eie ystervrou en re­dak­teur, Kay Kar­riem, wat die tyd­skrif ge­maak het wat dit van­dag is. Sy is weer te­rug met die vol­gen­de uit­ga­we. Kui­er- groe­te!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.