SMS

Kuier - - Kuierhoekie -

Ek het geen woor­de meer vir my tyd­skrif nie. Die Kui­er is by­me­kaar­ge­sit soos ’n By­bel; jy kan huil en lag en bid. Dan­kie vir Ray ook vir haar brief in Kui­er­hoe­kie vir al die in­lig­ting wat sy ons gee, want al­mal is u­niek. SHIRLENE DE FREITAS, LAMBERTSBAAI

Kui­er, baie dan­kie vir die ge­skenk wat ek ge­wen het! My man is baie in sy skik met sy Va­ders­dag-be­derf. ZELDAH BANTOM, GENADENDAL

Hal­lo al­mal by Kui­er. Ek het een van jul frik­ka­del-re­sep­te in ’n slow cook­er ge­maak en dit was baie lek­ker. Kan jul­le nie nog re­sep­te vir ’n slow cook­er in sit nie, as­se­blief? ZANDRA CLAASEN

My dog­ter het haar eer­ste kort­ver­haal ge­skryf en Kui­er het dit ge­pu­bli­seer (S­pyt kom al­tyd te laat, 27 Ju­lie 2016). Dit was ’n reg­te tra­ne­trek­ker en net tra­ne toe ek dit lees. Ma is vrees­lik trots op jou, Can­di­ce. CORENE BEZUIDENHOUT, UITENHAGE

Ek het lank­laas so lek­ker ge­lag vir iets wat ek ge­lees het soos Wen­dy An­tho­nie se“Wat die hart van vol is” (13 Ju­lie 2016). Sy kon net so­wel van my ge­skryf het. Ek be­sit nou ’n Samsung A3 ná my Samsung Ga­laxy in die wa­ter be­land het. My wens is of vir dun­ner vin­gers of gro­ter QWERTY-let­ters. CAROL RAM, STEENBERG

Kui­er, baie dan­kie vir die Plush-pro­duk­te wat ek ge­wen het. Jul­le is my nom­mer 1tyd­skrif en be­slis die bes­te een op die rak! Nog­maals dan­kie. GLADYS COCKRELL, CONCORDIA

Te veel men­se sterf in po­li­sie­sel­le weens na­la­tig­heid (’n Ma se hart in stuk­ke, 27 Ju­lie 2016). Hul­le moet ont­hou, God sien hoog en laag. Mag daai moor­de­naar vir e­wig in die hel brand. Moe­der, vind ver­troos­ting by die He­re. Hy sal jou be­waar. CHRISTENE ADAMS, ATLANTIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.