SMS

Kuier - - Kuierhoekie -

Dan­kie Kui­er vir die Bram­ley-pro­duk­te wat ek ge­wen het. Dit was ’n twee­de “Mot­her’s Day”-ge­skenk wat ek vir my vrou kon gee. Ons al­twee ge­niet jul tyd­skrif ter­deë, ver­al die hart­roe­ren­de en in­spi­re­ren­de sto­ries, ra­te as­ook resepte. JAN DOUGLAS, PORT E­LI­ZA­BETH

Ek is ’n ge­reel­de Kui­er- le­ser en ek kan ge­woon­lik nie wag vir die tyd­skrif om op die rak­ke te kom nie. Ek is ook nie ’n kla­er nie, maar wil dit graag on­der jul aan­dag bring dat die ge­kleur­de blok­kies van die Su­do­ko’s en blok­raaie nie die ge­skryf in pot­lood wys nie. En as ’n ver­slaaf­de is dit baie frus­tre­rend. Sal jul­le as­se­blief daar­na kyk? Dan­kie vir ’n won­der­li­ke tyd­skrif! LIN­DA KOL­BE, STILFONTEIN

Ek is so ge­bro­ke dat I­vor P­ri­ce se stem nie meer ge­hoor word nie (Stil­bly nie ’n

op­sie, 10 Au­gus­tus 2016). Dis ’n groot ver­mis­ting vir my. Bring hom net weer te­rug, as­se­blief. Hy het uit­ste­ken­de werk ge­doen en ek mis hom op TV. Hy is ’n aan­wins vir ons land en ek bid dat hy sy werk sal te­rug­kry. MAUREEN VAN STADE, S­TEL­LEN­BOSCH

Ek is baie be­ïn­druk met die sto­rie van Mo­ni­ca (Mo­ni­ca maak ma­gic,

10 Au­gus­tus 2016). Sy is ’n in­spi­ra­sie vir baie vroue in soort­ge­ly­ke om­stan­dig­he­de. Sy moet aan­hou met wat sy doen, want deur jou me­de­mens te help, vind jy he­a­ling vir jou­self en kry jy ook se­ë­nin­ge. KATHY PAULSE-NICKOLA, RAVENSMEAD Die ar­ti­kel“Mo­ni­ca maak ma­gic” (10 Au­gus­tus 2016) was baie tref­fend. Dan­kie Mo­ni­ca en mag al­les wat jy doen en vir an­der be­te­ken net van krag tot krag gaan. LYDIA MOU­TON, P­RE­TO­RIA Ek kan net a­men sê op“Vind jou doel in die le­we”deur Mer­cia Ja­cobs (Bood­skap, 10 Au­gus­tus 2016). Vroue is reg­tig u­niek, so kom ons bly bid­dend. SOPHIA KONSTABEL, DE AAR

Ek kon nie help om ’n traan te stort toe ek die sto­rie lees van dr. Ro­nal­da Ben­ja­min nie (Sy’s slim in som­me, 27 Ju­lie 2016). Haar ou­ers kan reg­tig trots wees op haar. Ek’s al­tyd bly as ie­mand wat in die flat­se groot­ge­word het, uit­styg en hoë hoog­tes be­reik. Ek­self bly in die flat­se en laat al­tyd my kin­ders ook sul­ke be­rig­te lees om hul­le te in­spi­reer. Ro­nal­da, jy is mooi van bin­ne en bui­te en ek wil vir jou al­le sterk­te vir die pad vo­ren­toe toe­wens. Baie dan­kie Kui­er! D. PIETERSEN, PAARL

“’n Ma se hart in stuk­ke” (27 Ju­lie 2016). Dit is e­ni­ge ou­er se vrees om hul kin­ders aan die dood af te staan en om hul­le op sul­ke wreed­aar­di­ge wy­ses te moet ver­loor . . . Ek het nie woor­de nie. Die ar­me moe­der. Mag ge­reg­tig­heid ge­skied. God al­leen sal jou hier­deur kan dra. NIC­KY LINDOOR, PORT E­LI­ZA­BETH San­nie en Ger­hard (’n Ma se hart in stuk­ke, 27 Ju­lie 2016), mag die Va­der jul­le styf vas­hou en moet nooit twy­fel aan Sy lief­de nie. God sal jul tra­ne op­vang. Sterk­te! M. BOOY­SEN, WITBANK Die ja­re sal kom en gaan, maar die seer sal jou by­bly, want jy is ’n ma (’n Ma se hart in stuk­ke, 27 Ju­lie 2016). Ek weet waar­van ek praat, want my kind moes ook gaan, ses dae ná ’n aan­ran­ding, maar God sal jou dra. My seun was ook so lief vir die le­we soos jou seun, San­nie. En jou seer is oor twee van jou kin­ders. Ek is so jam­mer vir jou ver­lies, vrou! NET ’N MA, CLANWILLIAM

Hier waar ek die sto­rie sit en lees, breek dit my moe­der­hart dat ek as moe­der nie daar was om my eie kind te kan help nie. Maar ek weet Je­sus was daar om die hand van daar­die seun te neem (’n Ma se hart

in stuk­ke, 27 Ju­lie 2016). Ek voel die seer van daai moe­der om­dat ek al self ’n kind ver­loor het en ek weet waar­deur sy gaan. Dan­kie Kui­er dat jul­le om­gee. Ek kan nie wag vir die vol­gen­de uit­ga­we nie. MA­RIA LOUW, KUILS­RI­VIER

Soms wan­neer ek so te­neer­ge­druk voel, gryp ek net ’n Kui­er, al is dit ’n ou een, dan voel ek som­mer be­ter. Ek ge­niet el­ke blad­sy. Baie dan­kie! INGRID MEINTJIES, RIE­BEECK-KASTEEL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.