Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Kuierhoekie -

Mens­dom, maar die va­kan­sie was lek­ker! Ek voel om­trent soos ’n nu­we siks­pens en weer lus vir die le­we. Maar ek let op hoe ou­er ek raak, hoe vin­ni­ger be­gin ek my eie kooi mis. En al lyk din­ge in Suid-A­fri­ka soms baie be­roerd, is dit eers wan­neer jy weg is dat jy be­sef hoe­veel ons eint­lik het om voor dank­baar te wees. En die hoog­te­punt vir my was na­tuur­lik dat ek die uit­ga­wes wat ek ge­mis het, la­ter soos e­ni­ge an­der le­ser kon ge­niet. Wel­ge­daan aan Ray en die span, dit was lek­ker! Maar te­rug by die laas­te uit­ga­we in Vrou­e­maand. Dis prop­vol sto­ries van merk­waar­di­ge vroue wat elk­een op hul ma­nier wys hoe­veel krag ons reg­tig het. Som­mi­ge van hul­le is wê­reld­be­kend en het net eer­ste na­me no­dig om her­ken te word, maar an­der het ons nog nooit van ge­hoor nie, maar elk­een se sto­rie het waar­de en is vol les­se van pas­sie, op­of­fe­ring en deur­set­tings­ver­moë vir die res van ons. Maar dis ver­al die le­wens­dra­ma van nu­we ma Ni­co­let­te C­har­les (bl. 8) wat my aan­ge­gryp het. Daar is so­veel vrae en nie­mand kan vir­se­ker sê of dit na­la­tig­heid was nie. Maar in haar don­ker­ste oom­blik kies sy om haar fo­kus haar kind te maak en dís so be­won­de­rens­waar­dig. Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.