FA­CE­BOOK

Kuier - - In Houd -

Ek sien al­tyd uit na die vol­gen­de Kui­er. El­ke uit­ga­we is die moei­te werd om daai geld­jies te span­deer, al moet ek een pak­kie ent­jies min­der koop. Ek is net te spyt as ek hom nie in die han­de kry nie. AKHIRAH ERAS­MUS

Die ver­ha­le en sto­ries van in­spi­ra­sie in die Kui­er is vir my baie op­bou­end, want ek leer uit an­der se lief en leed. Mag jul­le nooit moeg word daar­van om dit met ons te deel nie. Ek sien uit na el­ke uit­ga­we. HENRIETA MANGENGENENE

Dan­kie Kui­er vir jul vo­ri­ge uit­ga­we (Qu­een B bly bo, 24 Au­gus­tus), maar ons het so baie plaas­li­ke ta­lent en kuns­te­naars wat ook baie be­haal het. Wat van ons I­dol­wen­ners en al­les wat hul­le ver­mag het? SAMARIA KOCK

Die ar­ti­kel van And­rea Hen­drick (Van sel­le tot sa­ke­vrou, 24 Au­gus­tus 2016), wys mens net weer jy is nie te sleg om goed te word nie en dat jy jou om­stan­dig­he­de kan ver­an­der. So trots op dié vrou. Mag sy selfs ho­ër hoog­tes be­reik en voort­gaan met haar goeie werk. MICHELLE FOR­TU­NE

Baie dan­kie vir so ’n prag­ti­ge boek. Ek waar­deer die heer­li­ke lees­stof en al die re­sep­te en ek bid dat Je­sus jul­le al­mal sal se­ën. FRANCES JOOSTRE

Ek het nie ’n pro­bleem met wie op die voor­blad van die Kui­er- tyd­skrif is nie, ek is net bly as ek el­ke twee­de week my eie boek kan koop! MA­RIA CATHERINE LE­WIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.