FA­CE­BOOK

Kuier - - Kuierhoekie -

Er­nest Loth se Wat die hart van vol is (7 Sep­tem­ber 2016), be­skryf my ge­voe­lens jeens vriend­skap tot op die fyn­ste haar, net soos ek voel. Dis ein­lik hart­seer wan­neer jy vrien­de“ver­loor”of ver­sig­tig is om nu­wes te maak, want ’n mens het hul­le tog no­dig wan­neer jy jou­self wil wees en nie ie­mand se vrou/ma/kol­le­ga of dog­ter wil wees nie. CHARLENE VAN DER MER­WE-JOSEPHS

“Drie keer ge­se­ën,” (7 Sep­tem­ber 2016) was ’n baie mooi sto­rie om te lees. Daar is baie vroue in die le­we wat deur so ’n stryd gaan, maar die He­re bly ge­trou. Hul­le is ge­sken­ke van God. ALESIA ATHENE SWART Ek het maar my sel­lu­liet aan­vaar, wat an­ders? (Di­lem­ma met dim­pels, 7 Sep­tem­ber 2016). Ve­le duur ro­me en di­ë­te la­ter en dit sit s­teeds soos su­perg­lue. Ek lees in die ar­ti­kel dat die vrou dit op haar maag het. As my­ne maar eer­der op my maag was, maar dis op my he­le bo­be­ne tot on­der by my knieë = bye-bye shorts en mi­ni­rok­ke. VANESSA DANIELS ESTERHUIZEN

Kui­er- le­sers wens ons ge­luk met ons se­wen­de ver­jaar­dag en deel die s­to­ries wat hul­le e­wig na aan die hart sal bly:

Baie ge­luk aan my guns­te­ling-tyd­skrif, Kui­er, met jul se­wen­de ver­jaar­dag. Ek hoop jul­le gaan nog som­mer baie ja­re op die rak­ke wees om ons op hoog­te te hou van ons men­se en hul doen en la­te. Ek lag

en huil oor el­ke sto­rie en kan nie uit­ge­praat raak oor jul­le nie. Al­les van die bes­te vo­ren­toe en mag die He­re elk­een van jul­le ryk­lik se­ën. Lief vir jul­le al­mal en baie dan­kie vir die goeie werk. NI­CO SAAIMAN

So baie s­to­ries het my hart ge­raak, ver­al die pa wat sy kin­ders ge­skiet het en toe hom­self (Ma se hart bloei, 17 Ju­nie 2015). Ek dink aan sy ont­nug­ter­de vrou wat ag­ter­ge­bly het en hoe sy so smag en ver­lang na haar kin­ders. Hoe le­we sy? Hoe han­teer sy so­veel pyn? Ek sal graag ’n op­volg­sto­rie hier­oor wil lees. Dan­kie vir die ar­ti­kels, dis meest­al in­spi­re­rend. SALMAH POMMER HAINES

Daar is so baie s­to­ries, maar ek ont­hou die een in 2012 van die do­we dog­ter wat weer kon hoor ná ’n ko­g­le­ê­re in­plan­ting. En ook die dog­ter­tjie wat nor­maal ge­bo­re was en la­ter kan­ker in die ge­sig ont­wik­kel het en erg mis­vorm was (Help tog net my kind, 11 Maart 2015). Ek dink sy is ver­le­de jaar oor­le­de. My hart het in ’n dui­send stuk­kies ge­breek vir daar­die ou­ers. FREDA ERAS­MUS

Al­les van die af­ge­lo­pe 7 jaar was in­spi­re­rend. Dit laat my huil, lag en ja, van­jaar kon ek ook deel wees van Kui­er toe my ru­briek in Wat die hart van vol is in die uit­ga­we van 6 A­pril ge­pu­bli­seer is. Dit was vir my ’n blye oom­blik. MARGARETH VILANDER

Daar is te veel om te noem. El­ke sto­rie het sy eie waar­de wat be­te­ke­nis ge­gee het aan my le­we. Hart­seer of nie, dit het be­slis sin ge­maak. Dan­kie Kui­er, ek sien uit na meer ver­ry­ken­de s­to­ries. LIEZEL AUGUST Daar is so baie s­to­ries! Ek was hart­seer vir die jong­mei­sie wat al­leen ag­ter­ge­bly het ná 5 of 7 van haar ge­sins­le­de ver­on­ge­luk het. As­ook die blin­de jong­man wat be­dags al­leen tuis was om­dat sy ma moes werk en sy broer moes skool toe. Daar was nie­mand om be­dags na hom om te sien nie. Ek sal graag ’n op­volg­sto­rie oor hul­le wou lees om te weet hoe dit nou gaan. Baie dan­kie Kui­er vir al die hart­roe­ren­de en wa­re men­se-s­to­ries. E­LI­ZA­BETH GERTSE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.