FA­CE­BOOK

Kuier - - Kuierhoekie -

Wat ’n mooi ver­haal van die S­trauss-eg­paar (Drie keer ge­se­ën, 7 Sep­tem­ber 2016). Dit wys jou net, die wat op die He­re wag, kry nu­we krag. BRENDA S­TEYN, UI­TEN­HA­GE

Kui­er se men­se-sto­ries k­link som­tyds soos fa­mi­lie-sto­ries, want dit gaan oor men­se na aan jou. Jy dink jy er­vaar se­ke­re goed al­leen, maar dan wan­neer jy die Kui­er lees, be­sef jy al­mal on­der­vind die die­self­de si­tu­a­sies, dis net die uit­wer­king wat dit op jou mens­wees het, wat ver­an­der. Kui­er is reg­tig ’n in­spi­ra­sie vir ons eie na­sie; soos do­nuts en tee op ’n Son­dag en die klop­se op Twee­de Nu­we­jaar – so eie aan my. C­HAR­LE­NE VAN DER MER­WE-JOSEPHS

Baie dan­kie aan die Kui­er- span, jul­le maak my dag en week met el­ke uit­ga­we. El­ke keer as ek in­spi­ra­sie be­no­dig of be­druk voel, slaan ek net die Kui­er oop, want die Kui­er is al­tyd daar om my be­ter te laat voel. Hou so aan met die goeie werk. HENRIETA MANGENGENENE

Ek is nou juis be­sig om my Kui­er te lees! Oooh, S­him­my is te prag­tig (S­jar­man­te S­him­my, 21 Sep­tem­ber 2016). En S­heet S­treet se ar­ti­kels was a­we­so­me! PAT LAN­GE­VELDT

Ek is trots op jou S­him­my (S­jar­man­te S­him­my, 21 Sep­tem­ber 2016) en dan­kie dat jy so ne­de­rig is en nooit ver­geet waar jy van­daan kom nie. God’s ryk­ste se­ën op jou le­we. SHIRLENE APOLLIS

Ons het die vol­gen­de vrae op Fa­ce­book ge­vra: 1. Men­se leen e­nig­iets van ’n kop­pie sui­ker tot kle­re. Wat is die vreemd­ste of snaaks­ste ding wat ie­mand al by jou ge­leen het?

Ja­re ge­le­de het ons in Boks­burg ge­woon en die bu­re langs­aan het pre­sies die­self­de werk as my man ge­doen. Hul­le het baie kin­ders ge­had en op ’n dag leen sy die he­le koek se be­stand­de­le. Ek was daai tyd nog maar jonk ge­troud en vol din­ge en skryf toe op my voor­deur: Café clo­sed. Ran out of stock! Hul­le het nooit weer kom leen nie. A­MAN­DA NEL­SON

Om kos in my mi­kro­golf­oond warm te maak. Hul­le het ook die he­le huis­ge­sin se tan­de­bor­sels ge­bring en ge­vra vir ’n bie­tjie tan­de­pas­ta. RASHIEDA A­BRA­HAMS STOBER

Hul­le het som­mer die he­le Son­dag lunch kom leen: ’n Kop­pie rys, aar­tap­pels, twee stuk­kies hoen­der, ’n bie­tjie o­lie én groen­te! SUNETT SIMMONS Om­dat ek swaar groot­ge­word het, weet ek hoe dit voel om nie te het nie. En om my bie­tjie te deel, het my nog nooit ar­mer ge­maak nie . . . dog ek noem dit maar net. JA­C­QUES SWARTBOOI

’n He­le out­fit vir kerk! En ek moes my kle­re te­rug vra, na­dat die per­soon dit reeds meer as een keer aan­ge­had het. SHAZZ ISAACS BEZUIDENHOUDT

Ja­re ge­le­de het die vrou haar kind ge­stuur om R5 te kom vra vir brood, maar in sy hand was reeds R7. Toe ek hom vra waar­voor die R7 is, ant­woord hy:“Dis vir my ma se si­ga­ret­te.”No­de­loos om te sê, my ant­woord was:“Gaan koop ’n brood met die si­ga­ret­te se geld”. RHONES MEINTJIES

R5 vir hen­na om haar ha­re te dye en sjam­poe en con­di­ti­o­ner, want sy mo­del die aand! LINDI DUFFY

My mop! En die vol­gen­de dag ’n bie­tjie kof­fie, want hul­le is nou al moeg van tee drink. GLENDA C­HAR­LE­NE WIL­LI­AMS

2. Ons al­mal weet hoe lek­ker dit is om ver­lief te wees, maar wat dink jy van paar­tjies wat heel­tyd me­kaar in o­pen­ba­re plek­ke soos die trein of die bus soen?

Ek kyk maar an­der­kant toe. Dis prag­tig as paar­tjies lief­de­vol in die o­pen­baar is, so­lank hul­le hul per­ke ken. Pik­soen­tjies is ou­kei, maar tong in die long? Nee! TRACEY LYNN ROUX

Ek en my man soen en druk me­kaar en hou han­de vas. Ná 27 jaar, steeds lek­ker om te doen. AN­TOI­NET­TE O’BREIN

Ek won­der soms of dit nie net vir show is nie. ’n Druk­kie en soen­tjie op die wang in die o­pen­baar is ou­kei, maar ’n ge­vry­e­ry is swak smaak. LOU­ISA HEIN

Dis nog­al moei­lik vir my om te aan­vaar. Ek is se­ker maar old s­chool, maar dit hoort nie in die o­pen­baar nie. GOD­FREY VAALTYN

Ek kyk maar an­der­kant toe. Dit is mooi en laat my so te­rug ver­lang na my jong dae. A­NI­TA VAN ZYL DU PLOOY

Dit walg my. Ek voel hul­le kan dit by die huis doen, want dit hoort in die slaap­ka­mer. JULIANA A­DAMS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.