Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Kuierhoekie -

Die jaar staan nou baie vin­nig ein­de se kant toe en die he­le Kui­er- span sien som­mer baie uit na ons wel­ver­dien­de kort va­kan­sie aan die ein­de van die jaar. Maar voor dít kan ge­beur moet ons nog ’n paar tyd­skrif­te (en na­tuur­lik ’n heer­li­ke Kui­erCom­bo prop­vol re­sep­te) na die druk­kers stuur!

Maar laat ons nou nie din­ge voor­uit­loop nie en eers ’n bie­tjie by hier­die uit­ga­we stil­staan, want dit be­vat ho­pe in­te­res­san­te lees­stof om aan te her­kou.

Er­nusta is nie ver­niet ons hoof­ver­slag­ge­wer nie, want kyk, dié vrou weet hoe om ’n sto­rie reg te ver­tel. Maak ook nie saak of sy ’n Wa­re Lewensdrama, in­spi­ra­sie­sto­rie of ver­maak­ar­ti­kel skryf nie. Ek ver­kyk my be­hoor­lik aan hoe sy moei­te­loos die es­sen­sie van el­ke sto­rie per­fek vas­vang so­dat jy as le­ser am­per voel as­of jy ook daar was. Ek ken men­se wat al de­ka­des lank skryf en nog glad nie dié kuns be­mees­ter het nie, daar­om is ons hier in Kui­er- land reg­tig be­voor­reg om sul­ke joer­na­lis­te te hê wat ons met hul ta­lent tot bin­ne-in ’n sto­rie kan vat.

In hier­die uit­ga­we voel jy die seer saam met klein Braydon se ou­ers, maar proe jy ook die nu­we be­gin van Me­la­nie en S­ha­ne-Lee en smaak jy die suk­ses van Al­fon­so, Je­ro­me en Ter­ra. En nou lus ek som­mer vir poe­ding!

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.