FA­CE­BOOK

Kuier - - Kuierhoekie -

Suid­oos­ter is my guns­te­ling-se­pie. Ek is som­mer siek as ek dit ge­mis het. Je­ro­me is my ster (TV-sib­be­wys­hul­ta­lent, 2No­vem­ber2016). Ek li­ke so sy lag­gie. RA­CHEL CUPIDO

Dan­kie vir die prag­ti­ge tyd­skrif. Ek mis nie een uit­ga­we nie. Die re­sep­te is uit­ste­kend. Die hart­seer sto­ries leer jou om dank­baar te wees en daar­uit te leer so­dat jy an­der kan help ná wat jy deur­ge­gaan het. Dit leer jou om po­si­tief te wees, op te kyk en aan te gaan. SAN­TA EKKERD

Ek het nou deur ’n paar ou Kui­er- tyd­skrif­te ge­blaai, van die tyd toe dit nog R7 ge­kos het. Ek kan nie glo ek is al van daai tyd af ver­sot op die bes­te tyd­skrif ooit nie! Ek mis my Kui­er vir niks. RUBY UNTHANK

Die Kui­er was ’n laat Sa­ter­dag­mid­dag se lek­ker lees­stof (19 Ok­to­ber 2016). Nou weet ek ook ’n bie­tjie meer van die lu­pus-siek­te af. Ek wag nou in span­ning vir die vol­gen­de uit­ga­we. HALEY HANSLO Ons het die vol­gen­de vraag op Fa­ce­book ge­vra: Baie ou­ers meen ’n peet­ou­er is net daar om ’n fi­nan­si­ë­le by­drae tot die kind se le­we te maak, maar wat dink jy is die eint­li­ke rol van ’n peet­ou­er? Het jy nog kon­tak met jou peet­ou­ers?

Ek won­der soms of die ou­ers en peet­ou­ers reg­tig luis­ter ter­wyl hul­le daar voor in die kerk staan as die kind ge­doop word. Daar word ge­vra en jul­le ant­woord dat jul­le die kind sal op­bring in die Huis van die He­re; die kind die On­se Va­der en Tien Ge­booie sal leer en Chris­te­li­ke lei­ding sal gee. En in­dien die kind sou wees raak en daar nie­mand an­ders is nie, sal die peet­ou­ers die kind help. Peet­ou­ers is nie ba­by­sit­ters of ATM’s nie. Ja, hul­le kan help waar hul­le kan in­dien hul­le in­staat is, maar dit is dit. Van­dag se men­se het ’n wan­per­sep­sie oor wat die rol van ’n peet­ou­er is. Ek en my peet­ou­ers het ’n won­der­li­ke ver­hou­ding en ek weet hul­le sal al­tyd daar wees vir my. Ons men­se moet te­rug­gaan na die ba­si­cs. ANNEDA SACCO-PEKEUR

Ek dink peet­ou­ers is daar vir gui­dan­ce, ook half soos ’n ou­er. En as die ou­ers dalk weg­ge­neem word, is daar af­ge­spreek tus­sen die ou­ers en peet­ou­ers dat die kind daar moet gaan bly. Ek het van­jaar vir die eer­ste keer ’n peet­ou­er ge­word en voel peet­ou­ers kan vir hul peet­kin­ders goed koop, maar die ou­ers moe­nie dink hul­le moet vir als be­taal of als koop nie. Ek het self peet­ou­ers, maar hul­le was nog nooit daar vir my nie en dit pla my nie, want ek is hap­py. FREDELINE S­MIT DE K­LERK

My peet­ma het haar rol as gees­te­li­ke voog ge­speel, maar my oud­ste kind se peet­ou­ers gee nie om of sy in die Son­dag­skool is of nie. Die an­der een se peet­ou­ers weet wat van hul­le ver­wag word en hul­le speel ook ’n rol in my oud­ste kind se le­we. Dis nie geld wat ’n peet­ou­er maak nie. TA­NYA AUD­REY SWARTZ VILLOR

Ek dink daar moet klas­se aan­ge­bied word oor peet­ou­er­skap, soos mar­ria­ge coun­sel­ling voor trou­es. Die mees­te men­se het geen be­grip van die rol van ’n peet­ou­er nie. HESLENE WIL­LI­AMS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.