Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Kuierhoekie -

Die ein­de van ons werk­jaar is am­per hier, maar eers het ons hier­die lek­ker­lees-uit­ga­we vir jul­le ge­maak. Ons le­sers sê al­tyd hoe­veel hul­le leer uit die hart­seer in ons sto­ries en hier in 2016 was daar da­rem al ’n paar wat ons lek­ker laat huil het. Maar ek dink vir ’n ver­an­de­ring gaan jul­le huil oor die mooi wat daar nog in die mens­dom is. Dié bood­skap is op­ge­sluit in van ons Wa­re Lewensdrama tot die voor­blad- en in­spi­ra­sie­sto­ries. Men­se, daar ís hoop!

En soos ge­woon­lik het ons die bes­te vir laas­te ge­hou en jul­le moet be­slis nie ons vol­gen­de uit­ga­we, die laas­te een vir 2016 mis­loop nie. Jul­le kry ’n heer­li­ke dan­sCD, Kui­er Jol 2016, met die uit­ga­we en as ’n baie spe­si­a­le be­derf het Ka­ren Hart, Sa­man­tha Lie­de­man én Den­zel Koe­na­na al­drie spe­si­aal vir die uit­ga­we ge­kook!

Die uit­ga­we van 14 De­sem­ber is ’n bie­tjie duur­der as ge­woon­lik, teen R22, maar dis al ma­nier hoe ons dit kon be­kos­tig om weer die CD te doen. Maar selfs teen daar­die prys is Kui­er steeds uit­ste­ken­de waar­de vir geld.

Dan moet jul­le na­tuur­lik ook nie die nu­we Com­bo mis nie! As ek kyk wat re­sep­te­boe­ke dees­dae kos, is dit teen R21 be­slis ’n wins­ko­pie wat e­ni­ge vrou, ma, an­tie of ou­ma (en moe­nie die man­ne weg­gooi nie) se hart baie bly sal maak!

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.