Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Kuierhoekie -

Jou heel eer­ste uit­ga­we van 2017 is hier! Die span is uit­ge­rus en reg vir nog ’n op­win­den­de jaar van wa­re le­wens dra­mas, inspirasie sto­ries, ad­vies en na­tuur­lik ho­pe en ho­pe re­sep­te! Ons is ’n po­si­tie­we klomp hier in die

Kui­er- span, dus dwaal ons nie te veel op die ne­ga­tie­we nie. Ons ver­wag dus die bes­te van die nu­we jaar – baie hoog­te­pun­te en myl­pa­le wat be­reik gaan word.

Dit be­te­ken eg­ter nie ons is blind vir die te­leur­stel­lings, uit­da­gings en strui­kel­blok­ke wat ook vir ons lê en wag nie, maar ons dra wa­pen­uit­rus­tings van ge­loof wat ons daar­van ver­se­ker dat wat ook al kom, ons sal dit kan han­teer. Dus fo­kus ons op die po­si­tie­we en sien uit na die les­se wat ons gaan leer uit al die uit­da­gings, want ons het mos al ge­sien uit die inspirasie sto­ries wat ons in die tyd­skrif ver­tel: Jou den­ke gee die deur­slag. Wat jy dink, glo jy en dít be­paal wat in jou le­we ge­beur.

Kyk dan nou net vir ons voor­blad­ge­sig Lynette Fran­cis en die jong skrywer Hil­la­ry Geslin! En as daar nou ’n bood­skap is wat ons ons kin­ders kan gee aan die be­gin van hier­die nu­we skool­jaar, dan kom dit be­slis uit hul suk­ses­ver­ha­le.

As jy in jou­self glo en po­si­tief bly, dan kan jy e­ni­ge droom be­waar­heid, maak nie saak wat jou om­stan­dig­he­de is of wie wat sê nie.

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.