WELKOM BY DIE SPAN!

Kuier - - Kuierhoekie -

Tar­ren-Lee Ha­bel­gaarn (24) het pas aan­ge­sluit as joer­na­lis by die Kui­er- span. Tar­ren-Lee is van Kuils­ri­vier en het in 2013 haar na­si­o­na­le di­plo­ma in joer­na­lis­tiek aan die Kaap­se S­kier­ei­land U­ni­ver­si­teit van Teg­no­lo­gie ver­werf. Daar­na het­sy haar loop­baan by die ge­meen­skap s koe­rant Pe­op­le’s Pos t be­gin en toe in 2014 die skuif ge­maak na die dag­blad Beeld in Jo­han­nes­burg waar sy as mis­daad ver­slag­ge­wer diens ge­doen het. “Dit was ’n groot uit­da­ging, want ek het geen fa­mi­lie of vrien­de bui­te die Wes-Kaap nie. Ek was ook on­se­ker of ek ge­reed was vir die groot skuif om by ’n dag­blad te gaan werk, maar dit was een van die bes­te be­slui­te wat ek ge­neem het,”sê sy. Wan­neer sy nie aan sto­ries werk nie, sal jy haar bui­te of in die kom­buis vind, want sy is mal daar­oor om te bak.“Kos is een van my groot lief­des en ek kan ure in die kom­buis deur­bring. Daar is ook niks lek­ker­der as om met vrien­de en fa­mi­lie rond­om ’n e­tens­ta­fel te kui­er nie.”Oor haar nu­we kol­le­gas by Kui­er sê sy:“Die Kui­er- span werk nie net hard saam nie, maar kan ook lek­ker saam pret hê. Ek sien baie daar­na uit om in­te­res­san­te sto­ries met die le­sers te deel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.