DAN­KIE AAN KUI­ER-SPAN

Kuier - - Kuierhoekie -

Toe die Kui­er- span die Groo­te S­chuur-hos­pi­taal­skool net voor Kers­fees be­soek het om ge­sken­kies te gaan uit­deel, wou ons net ’n bie­tjie wel­wil­lend­heid deel. Ons het eg­ter nie ver­wag dat óns die men­se sou wees wat so­veel meer in ruil gaan kry nie! Net die glim­lag­te op die klein­tjies se ge­sig­te daar­die dag toe hul­le hul pak­kies kry, was ge­noeg, maar niks kon ons voor­be­rei op die prag­ti­ge dan­kie­sê-brie­fies wat ons ’n paar dae la­ter ont­vang het nie. Van die span­le­de het skoon tra­ne weg­ge­pink! Wys jou net, the gift of gi­ving, het al­tyd sy re­wards!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.