AARTAPPEL-EN-SAMPIOENGEBAK

Ge­noeg vir 4 as hoof­maal (6 as by­kos)

Kuier - - In Die Kombuis -

BE­STAND­DE­LE

3 eet­le­pels bot­ter 1 x 250 g pak kno­pie­sam­pi­oe­ne, in sky­fies ge­sny Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 1 eet­le­pel vars roos­ma­ryn­bla­re, ge­kap (of 1 tee­le­pel droë) 6 mid­del­slag (of 4 groot), aar­tap­pels, met skil en al ge­kook 1 kop­pie ched­dar­kaas, ge­ras­per 1½ kop­pie melk 4 ei­ers

METODE

Ver­hit die bot­ter in ’n pan en braai die sam­pi­oe­ne daar­in. Geur met sout en pe­per en roer die roos­ma­ryn by. Braai tot die sam­pi­oe­ne sag is. Trek die skil­le van die aar­tap­pels af en sny in sky­we. Meng met die sam­pi­oe­ne en kaas en skep in ’n ge­smeer­de oond­bak. Klits die melk en ei­ers saam, geur met sout en pe­per en giet oor die meng­sel in die oond­bak. Maak die op­per­vlak mooi ge­lyk en bak in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C vir on­ge­veer 45 mi­nu­te of tot die ei­er­meng­sel heel­te­mal ge­stol en die bo­kant mooi goud­bruin is.

WENK: Vir ’n bie­tjie af­wis­se­ling kan jy stuk­kies ge­braai­de spek of blok­kies gaar ham, tu­na of hoen­der by die meng­sel voeg. Re­pies soet­ris­sies werk ook lek­ker, want dis ’n veel­sy­di­ge re­sep wat jy kan ver­an­der. Jy kan ook die roos­ma­ryn ver­vang met an­der kruie – ’n tee­le­pel­tjie droë ge­meng­de kruie werk goed saam met e­ni­ge kom­bi­na­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.